Is jy ’n hond of ’n leeu? Deel in die pret en kyk wat dit van jou sê …
’n Kat is glo liefdevol ’n muis is vet pret. Is dit dalk jy? Die webwerf www.theearthchild.co.za gee ’n tabel met geboortedatums en diere.
LEES OOK: Wat sê jou bloed?
Ons weet mos dit is nou nie regtig akkurate persoonlikheidsbeskrywings nie, maar dit bly hope pret!
- 1–9 Januarie: Hond
- 10–24 Januarie: Muis
- 25–31 Januarie: Leeu
- 1–5 Februarie: Kat
- 6–14 Februarie: Duif
- 15–21 Februarie: Skilpad
- 22–28 Februarie: Swartluiperd
- 01–12 Maart: Apie
- 13–15 Maart: Leeu
- 16–23 Maart: Muis
- 24–31 Maart: Kat
- 01–03 April: Hond
- 04–14 April: Swartluiperd
- 15–26 April: Muis
- 27–30 April: Skilpad
- 01–13 Mei: Apie
- 14–21 Mei: Duif
- 22–31 Mei: Leeu
- 01–03 Junie: Muis
- 04–14 Junie: Skilpad
- 15–20 Junie: Hond
- 21–24 Junie: Apie
- 25–30 Junie: Kat
- 01–09 Julie: Muis
- 10–15 Julie: Hond
- 16–26 Julie: Duif
- 27–31 Julie: Kat
- 01–15 Augustus: Apie
- 16–25 Augustus: Muis
- 26–31 Augustus: Skilpad
- 01–14 September: Duif
- 15–27 September: Kat
- 28–30 September: Hond
- 01–15 Oktober: Apie
- 16–27 Oktober: Skilpad
- 28–31 Oktober: Swartluiperd
- 01–16 November: Leeu
- 17–30 November: Kat
- 01–16 Desember: Hond
- 17–25 Desember: Apie
- 26–31 Desember: Duif
LEES OOK: Wat sê jou geboortemaand van jou loopbaan?
Hond
Jy is ‘n baie lojale mens. Jy is eerlik en opreg veral as dit by werkskwessies kom. Jy het geen nonsens nie, is nederig en jou voete is plat op die aarde. Vir jou vriende is jy ‘n ware staatmaker. Jy het baie goeie kleresmaak. Jy raak skoon depressief as jy nie iets in jou kas het wat die jongste neigings weerspieël nie. Jy hou van ‘n klein groepie ware vriende eerder as ‘n spul mense om jou.
Muis
Jy hou van pret en om ‘n bietjie stout te wees! ‘n Mens kan die ondeundheid in jou oë sien. Dis vir mense heerlik om saam met jou te kuier. Jy is wel baie sensitief en mense moet hul woorde mooi in jou geselskap tel. Jy kan lelik vies raak as mense woordspeletjies met jou speel.
Leeu
Jy’s vredeliewend en sal konflik probeer vermy. Jy hou van die buitelug en hou niks daarvan om te lank op een plek stil te sit nie. Jy’s gewild en ‘n gebore leier. Jy hou daarvan om geliefd te wees en mense hou ook van die manier hoe jy hulle behandel.
Kat
Jy is baie liefdevol en soms skamerig. Jy hou daarvan om dinge te ontdek en ondersoek. Jy is gewoonlik redelik gematig, maar as mense jou genoeg rede gee, kan jy soos ‘n vulkaan uitbars. Jy hou van mode en mooi dinge en jy sal met verskillende mense meng hoewel jy nie daarvan hou om te veel met vreemdelinge te gesels nie. Mense voel heel gemaklik in jou geselskap.
Skilpad
Jy is ‘n baie gawe mens en mense praat graag oor hoe goed jy vir ander is. Jy hou van vrede en jy sal nie maklik in ‘n stryery betrokke raak nie. Jy is glad nie ‘n skinderbek nie en gee net liefde. Jy is ook ‘n baie praktiese mens.
Duif
Jy het ‘n sorgelose lewensuitkyk. Al lyk dinge hoe sleg, probeer jy die blink kant bo hou. Jy maak mense gelukkig waar jy gaan en jy’s goed daarmee om mense te troos in slegte tye. Jy hou niks van skynheiligheid nie en bly ver weg van sulke mense. Jy is baie metodies en georganiseerd in jou werk en hou nie van morsigheid nie. Dis vir jou maklik om verlief te raak …
Swartluiperd
Jy is een van daardie mense wat misterieus voorkom. Jy is iemand wat druk maklik kan hanteer en floreer as dinge teen ‘n pas gebeur. Jy hou daarvan dat situasies en dinge jou pas en kan soms nogal lelik met mense wees. Jy’s ook nie bang vir ‘n skinderstorie nie! Aan die ander kant, hou jy daarvan om mense te help en is jy goed vir ander.
Apie
Jy’s baie ongeduldig en soms amper hiperaktief. Jy hou daarvan om die middelpunt van aandag te wees en jou goeie naam is vir jou baie belangrik. Jou sesde sintuig is baie goed ontwikkel en red jou dikwels uit moeilike situasies. Geld is ook vir jou belangrik en jy het nogal ‘n kop vir geldsake.
BRON: www.theearthchild.co.za