Hierdie is glo ’n Tibettaanse vraelys wat iets van jou menswees verklap. Kom ons kyk of dit werk
NB: Kyk net eers na die drie vrae, moenie koekeloer na die antwoorde nie!
Vraag 1
Sien ‘n tier, koei, skaap, vark en perd voor jou.
Nou moet jy hulle in jou gedagtes in volgorde van belangrikheid rangskik. Watter een verkies jy? Hy kom eerste, dan die ander en dan die ander.
Moenie te lank hieroor tob nie. Jy moet juis instinktief kies.
Vraag 2
Voltooi elke sin deur een beskrywende woord daarby te kies.
‘n Hond is …
‘n Kat is …
ʼn Rot is …
Koffie is …
Die see is …
Vraag 3
Dink nou aan vyf mense wat belangrik in jou lewe is.
Ken een van dié kleure aan elkeen toe:
Geel
Oranje
Rooi
Wit
Groen.
Watter kleur pas by wie? Gebruik jou intuïsie.
Oukei, so wat beteken dit?
Vraag 1: Jou prioriteite
Koei: Jou loopbaan
Tier: Selfwaarde
Skaap: Liefde
Perd: Familie
Vark: Geld
Vraag 2: Jou houding teenoor die lewe
Hond: Jou persoonlikheid
Kat: Jou geliefde se persoonlikheid
Rot: Jou vyande se persoonlikheid
Koffie: Wat jy oor seks dink
See: Jou lewe oor die algemeen
Vraag 3: Jou houding teenoor ander mense
Geel: Iemand wat ‘n groot impak op jou lewe gemaak het.
Oranje: Iemand wat jy as ‘n ware vriend beskou.
Rooi: Iemand wat jy met jou hele hart liefhet.
Wit: Jou geesgenoot.
Groen: Iemand wat jy nie maklik sal vergeet nie. Wat dink jy? Het dit iets van jouself verklap?
BRON: www.mysticalraven.com