Ons almal kry dae wat dit voel asof jy nie eens ‘n voet buite die deur wil sit nie, maar het jy geweet jy kan self iets vir jou geestesgesondheid beteken? Hier is 20+ wenke
Deur ZERELDA ESTERHUIZEN
-
Slaap genoeg.
-
Gee aandag aan jou emosies. Hoekom voel jy soos jy voel?
-
Bring tyd in die natuur deur.
-
Begin met ‘n stokperdjie.
-
Lag dikwels.
-
Gun jouself tyd om hartseer te voel oor dit wat verkeerd gaan.
-
Aanvaar jouself met al jou tekortkominge. Niemand is perfek nie.
-
Probeer om jouself te verander en niemand anders nie.
-
Vra vir hulp as jy dit nodig het. Moenie probeer om alles selfs te doen nie.
-
Bestee minder tyd met elektronika.
-
Kuier saam met vriende en familie.
-
Probeer om dinge te doen wat jy regtig wil en nie dit wat jy voel jy moet doen nie.
-
Wees elke dag dankbaar vir dit wat jy het.
-
Druk jou gevoelens uit.
-
Onthou om nee te sê wanneer jy regtig nie kan nie.
-
Vergewe jouself wanneer jy ‘n fout maak.
-
Bring ook tyd alleen deur.
-
Leer jouself ken en luister na jou instink.
-
Gesels met ‘n vriendin of terapeut oor jou gevoelens.
-
Oefen om diep en rustig asem te haal.
-
As jy medikasie gebruik, neem dit op die regte tye en die regte dosisse.
BRON: www.sharonmartincounseling.com