Ons almal weet stres is vrek sleg vir jou liggaam en lewe, maar hoe sleg presies? Kyk hier na die talle simptome
Deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Wie van ons ervaar nie stres nie? Die meeste van ons doen, tensy jy op ‘n tropiese eiland bly en jou grootste besluit van die dag is watter baaikostuum jy gaan aantrek …
Verskeie studies het al bevestig dat stres verreikende gevolge vir jou liggaam inhou en daar is al bewys dat dit as sneller vir verskeie siektes optree.
Ons kyk hier na ‘n lys van simptome …
Kognitiewe simptome
Jy …
… sukkel om te konsentreer .
… sien net die negatiewe raak.
… is angstig.
… sukkel om besluite te maak.
… is konstant bekommerd.
… kry konstant nagmerries.
… ervaar skuldgevoelens.
… is vergeetagtig en ongeorganiseerd.
Emosionele simptome
Jy …
… ervaar depressie en algemene ongelukkigheid.
… het ‘n lae selfbeeld, voel alleen en waardeloos.
… voel oorweldig.
… huil dikwels.
… dink nou en dan aan selfdood.
… voel apaties.
… is geïrriteerd.
… kan nie ontspan nie.
Fisieke simptome
- Senuweeagtigheid
- Swakheid en moegheid
- Bewerigheid
- Pyne, skete, spierspasmas
- Diarree of hardlywigheid
- Lighoofdigheid en naarheid
- Borskaspyn en hartkloppings
- Verkoue of griep
- Lae of geen seksdrang
- Maagprobleme soos opgeblaasdheid
- LEES OOK: Finansiële stres kan ʼn invloed hê op jou verstand, liggaam en algehele welstand
- ‘n Droë mond, sukkel om te sluk
- Koue of sweterige hande/voete
- Gewigsverlies of -toename
- Kners op tande
- Haarverlies
- Aknee
- Uitslag
- Hitte- of koue gloede
- Sweterigheid
- Lae energie
- Insomnia
- Paniekaanvalle
- Blaasprobleme
- Asemhalingsprobleme
Gedragsimptome
- Verandering in aptyt
- Slaap te veel/te min
- Sosiale onttrekking
- Oorreagering
- Kommunikasieprobleme
- Senuweeagtige gewoontes
- Aggressie
- LEES OOK: Stres eis sy tol
- Obsessief-kompulsiewe versteuring
- Verwaarlosing van sekere aktiwiteite
- Gebruik drank, dwelms of ander middels om stres te verlig
- Dobbel of impulsiewe koopgedrag
- Onduidelike spraak
Herken jy jouself?
Dan’s dit tyd om briek aan te draai en jou lewe in heroënskou te neem. Hier is ‘n paar wenke:
- Lees streshanteringstegnieke aan en ontspan soos om stadig in en uit te asem en net op die hier en nou te fokus.
- Maak tyd vir jouself en die dinge wat jy geniet.
- Eet gesond, oefen en maak kop skoon.
- Kry genoeg slaap en rus.
- LEES OOK: 10 gewoontes van gelukkige mense
- Delegeer en organiseer jou ruimte en beperk die stressors.
- Gaan sien iemand professioneels as jou stres buite beheer is.
- Bring meer tyd in die buitelug deur. ‘n Studie in Nederland het bevind dat tuinmaak byvoorbeeld ‘n uitstekende stresverligter is!
- Oefen om positiewer te dink en praat.
BRON: www.ticoandtina.com