Die geheim vir goeie produktiwiteit en om dinge regtig gedoen te kry, is volgens die bekende sakemagnaat en filantroop Richard Branson om lysies te maak.
Hier is sy wenke
- Skryf elke enkele idee neer wat jy het. Maak nie saak hoe groot of hoe klein dit is nie.
- Dra altyd ‘n notaboek saam met jou.
- Kry ‘n lysiemetode wat vir jou werk. Of dit nou krabbel, kaarte of punte is.
- Maak ‘n lys van klein, maklik hanteerbare takies wat jy elke dag moet voltooi.
- Merk elke taak wat jy voltooi af. Jy sal met elke aftik sommer goed voel.
- Maak seker dat jy kan bepaal of jy vorder met jou doelwitte.
- Stel ook vir jou groot, ver doelwitte – soos wat jy wil teen 2020 bereik? En teen 2050?
- Sluit persoonlike doelwitte by jou lysie – nie net werksdinge nie.
- Deel jou doelwitte met ander mense en motiveer mekaar.
- Vier jou suksesse en maak dan weer nuwe lysies met nuwe doelwitte.
BRON: https://www.virgin.com/richard-branson/how-i-get-things-done