Ons almal word kwaad, soms baie kwaad, soms briesend en soms uit-jou-brein-uit kwaad. Kenners sê dis dan wanneer jy na ‘n kalm stemmetjie in jou kop moet luister
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Oukei, so jy is baie kwaad. Maar in plaas daarvan dat jy soos ‘n besetene gil, is dit nou die tyd om jouself tot kalmte te maan.
Wat kan jy vir jouself sê?
Michelle Farris van die webwerf www.counselingrecovery.com gee raad:
- Ek kan hierdie situasie hanteer.
- Dit is nie so ‘n groot probleem nie.
- Ek hoef nie hierdie ding persoonlik op te neem nie.
- Ek hoef nie nou te reageer nie. Ek kan eers rustig hieroor dink.
- Alles gaan oukei wees.
- My gevoelens beteken nie ek is swak nie.
- Ek is nie verantwoordelik vir ander mense se dade nie.
- Ek sal eerder gelukkig wees as om altyd reg te wees.
- Ek gaan nou diep asemhaal en rustig oor die situasie dink.
- Ek kan nou eers ‘n blaaskans vat en uit die situasie loop.
- Dit is nie so ‘n groot ding nie.
- Ek hoef nie alles te probeer regmaak nie.
BRON: www.counselingrecovery.com