Suzanne Heyn, ’n selfhelpghoeroe, sê mense is dikwels hul eie grootste vyand en kortwiek hul eie geluk
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
As jy net ‘n ander werk kry, sal jy regtig gelukkig wees, of as jy net ‘n verhoging kan kry of dalk as jou kinders net probeer om soeter te wees … Wag jy altyd vir iets om jou gelukkig te maak?
Suzanne Heyn sê mense hou hulself terug met die volgende 15 dinge:
- Jy kla pal oor alles – die lewe is net nooit ‘n lied nie.
- Jy klou aan die verlede vas en wens jy kon dit verander.
- Jou omstandighede is vir jou aaklig en jy wag vir iets of iemand anders om dit te verander.
- Jy is nooit tevrede met enigiets nie.
- Jy wag vir ander mense om jou gelukkig te maak.
- Jy wag vir ander mense om die dinge te doen wat jy graag sou wou.
- Jy soek konstant na ander se goedkeuring.
- Jy wil hê die lewe moet altyd uiters opwindend wees.
- Jy laat vrees jou lewe beheer.
- Jy maak verskonings vir alles.
- Jy plaas jou lewe in boksies en beperk jouself met grense.
- Jy wil alles beheer.
- Jy kritiseer konstant ander mense.
- Jy is te perfeksionisties.
- Jy dink die lewe draai om jou.
Oukei, jy sien jouself in bogenoemde punte. Wat kan jy doen? Gelukkig is daar baie, soos om aandagtig te lewe en bewus te wees van wat jy doen en waar jou fokus is. As jy jou eie grootste probleem is, kan jy wel verander en probeer om op die goeie in plaas van die slegte te fokus, sê Suzanne.