Daar is verskeie kwessies wat beroepskeuse beïnvloed.
Kwessies wat belangrik is volgens Unisa se aanlynwenke oor beroepskeuse, is:
- Wat is jou vaardighede?
- Watter vaardighede het jy nodig vir jou voorgenome beroep?
- Hoe kan jy die vaardighede ontwikkel?
Wat is jou waardes en wat is vir jou belangrik? Kies vyf van die volgende:
- Avontuur
- Kreatiwiteit
- Uitdaging
- Opwinding
- Humor
- Geld
- Godsdiens
- Gesag
- Verbintenis
- Nuuskierigheid
- Vriendskap
- Onafhanklikheid
- Mag
- Spiritualiteit
- Outonomie
- Gemeenskap
- Plig
- Gesondheid
- Individualiteit
- Openbare kontak
- Status
- Skoonheid
- Kompetisie
- Doeltreffendheid
- Invloed
- Stilte
- Behulpsaamheid
- Om te behoort
- Samewerking
- Uitnemendheid
- Eerlikheid
- Kennis
- Erkenning
Vra jouself af wat gee betekenis aan jou lewe. Waarin stel jy belang? Hou jy daarvan om:
- Met syfers te werk? – Rekenkundige beroepe val hiermee saam.
- Met jou hande te werk? – Landbouwetenskappe val in die groep.
- Wil jy graag jou eie besigheid bestuur? – Ekonomiese wetenskappe val in die groep.
- Wil jy kinders en mense opvoed? – Opvoedkundige rigtings val hiermee saam.
- Stel jy belang in kuns, letterkunde, godsdiens, politiek, geskiedenis en ander kulture? Studierigtings in Lettere en Wysbegeerte val hiermee saam.
- Stel jy belang in die wet, regsake en sosiale geregtigheid? Enige beroep in regspleging bv. prokureur, advokaat, polisieman val in die kategorie.
- Stel jy belang in wetenskap, wiskunde, rekenaars, tegnologie en data-ontginning? Wetenskaplike, ingenieurs en tegnologieberoepe val in die kategorie.
Maak seker jy weet wie jy is, waarvan jy hou, wat vir jou belangrik is en waarin jy goed is. Dit alles speel ? rol.
Bron: www.unisa.ac.za