Terapie is ’n hulpmiddel vir talle mense. Talle mense is in situasies wat vir hulle problematies is en wat hulle nie weet hoe om te bestuur nie.
Per slot van sake is die lewe kompleks en uitdagend. Nie almal hanteer dit effektief nie. Is jy dalk een van hulle? Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind of jy ʼn kandidaat vir terapie is:
- Voel jou lewe buite beheer?
- Ervaar jy emosies wat jy nie verstaan nie?
- Sukkel jy om daagliks te funksioneer?
- Raak jy depressief?
- Ervaar jy angs?
- Het jy al daaraan gedink om jou eie lewe te neem?
- Is jou lewe sonder betekenis?
- Ervaar jy wanhoop?
- Word jou gedagtes oorheers deur negatiwiteit?
- Is jou gedagtes ʼn warboel?
- Worstel jy met onverwerkte kwessies?
- Bekommer jy jou gedurig?
- Is jy pessimisties oor die toekoms?
- Is die lewe vir jou ʼn nagmerrie?
- Voel jy hulpeloos en magteloos?
As jou antwoorde op bogenoemde vrae, meesal “ja” is, is jy moontlik ʼn kandidaat vir terapie. Oorweeg dit om iemand te gaan sien. Terapie mag jou help om ʼn nuwe perspektief op ʼn probleem te ontwikkel Gee dit ʼn kans en sien dit as ʼn belegging in jouself en jou toekoms. Jy mag dalk verbaas wees oor die uitkoms …