Dis hoe jy jouself benadeel as jy jou nie soms eerste stel nie:
Jy verwaarloos jouself
Vloerlappe staan min tyd daaraan af om na hul gesondheid om te sien. Hulle doen soveel moeite om ander mense te versorg dat hulle nie tyd het om aktief te wees, van stres ontslae te raak of gesonde etes voor te berei nie.
Passiewe aggressie en verwyt
People pleasers sal waarskynlik mettertyd verwyte en ’n stille woede teenoor die mense in hul lewens ontwikkel. Hul begeerte om ander mense te help, sal die woede onderdruk, maar onderdrukte woede sit dikwels in passiewe aggressie om.
Verminderde vermoë om mense en aktiwiteite te geniet
’n Ma van twee seuns erken dat sy dit nie geniet om haar seuns se sportgeleenthede by te woon nie. Sy voel gespanne wanneer sy ’n wedstryd bywoon: Sy dink die hele tyd aan alles wat nog gedoen moet word. Haar seuns kan aanvoel dat sy nie die wedstryde geniet nie.
Stres en depressie
Die definisie van stres is om meer verpligtinge te hê as wat jy kan hanteer. Om die hele tyd ander mense tegemoet te kom, kan ’n bose kringloop van chroniese stres en ongesonde gedragsprobleme word. As jy die hele tyd voel asof jy te besig is en dinge vir ander mense pleks van vir jouself doen, is jy dalk in dié kringloop vasgevang.
Mense maak misbruik van jou
Om altyd ja te sê vir mense wat gunste van jou verwag, kan veroorsaak dat hulle jou misbruik. Selfs mense wat nie normaalweg van ander mense misbruik maak nie, sal jou uitbuit omdat hulle gou agterkom dat jy nie kan nee sê nie en nie besef dat jy te veel hooi op jou vurk het nie.
https://www.psychologytoday.com/blog/shrink/201210/are-you-people-pleaser