Intelligensie is ‘n sleutel tot geleerdheid en beroepsukses. Tog blyk dit nie die enigste faktor te wees wat ‘n rol in sukses speel nie. Emosionele intelligensie kry al meer aandag onder beroepsvoorligters, sielkundiges en opvoedkundiges. Is jy emosioneel intelligent? Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind:
- Herken jy jou emosies?
- Het jy beheer oor jou humeur?
- Is jy ‘n goeie luisteraar?
- Kan jy jouself kalmeer as jy angstig of ontsteld is?
- Geniet jy dit om groepe te organiseer?
- Het jy beheer oor jou emosies?
- Kan jy op langtermyndoelwitte fokus?
- Ken jy jou eie swak en sterk punte?
- Kan jy konflik hanteer en onderhandel?
- Kan jy ander mense se emosies lees?
- Kan jy verhoudings met ander bou?
- Kan jy kritiek en terugvoering hanteer?
Indien jou antwoorde op bogenoemde vrae meestal “ja” is, is jy waarskynlik emosioneel intelligent. Dis ‘n belangrike boublok vir sukses. As jy tekort skiet, kan ‘n terapeut jou help om die nodige vaardighede aan te leer. Dit is nooit te laat nie. Maak vandag nog werk daarvan!