Bejaardes is dikwels alleen wanneer hulle ‘n lewensmaat verloor het. Dit is dus belangrik om bedag te wees op simptome van depressie.
DEUR: Ansja Ferreira
Die bejaarde-fase in mense se lewens behoort ‘n tyd vir stil nadenke en ontspanning te wees, sowel as ‘n geleentheid om ‘n mens se lewenservaring te gebruik om ‘n bydrae tot die gemeenskap te lewer. Volgens Die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep (Sadag) mis meer en meer ouer mense daarop uit , deur toe te gee aan die apatie en eensaamheid van depressie in hul finale jare. Dit is deels te wyte aan die feit dat baie ouer mense nie die psigiatriese behandeling kry wat hulle nodig het nie – hetsy omdat hulle of hul familielede nie die simptome herken en/of rapporteer aan dokters nie of omdat medici versuim om die probleem raak te sien/te herken.
Volgens SADAG is depressie die algemeenste siekte en die grootste oorsaak van selfdood onder bejaardes. Soveel as 90% van depressiewe mense ouer as 65 versuim om hulp te kry. Mans wat 75 jaar of ouer is, het wêreldwyd die hoogste selfdoodsyfers van enige ouderdomsgroep.
Depressie in die bejaardes is geneig om baie moeiliker te wees om te diagnoseer as depressie in ander ouderdomsgroepe. Dikwels is dit omdat die situasie gekompliseer deur die teenwoordigheid van ander fisiese siektes.
Mediese sorg by ‘n kenner van geriatriese psigiatrie word aanbeveel.
Soos die spreekwoord sê, is voorkoming beter as genesing. Bejaardes kan sekere riglyne volg om ‘n gesonde, depressievrye bestaan te verseker. Hierdie riglyne sluit die handhawing van ‘n netwerk van sosiale kontakte, om aktief in die gemeenskap te bly, gereeld te oefen, steeds gestimuleer te word deur bordspeletjies en lees, ‘n gesindheid van veerkragtigheid aan te kweek en die handhawing van ‘n aktiewe stem in besluitneming. (steeds aktief te bly in besluitneming). Depressie hoef nie ‘n onvermydelike deel van oud word te wees nie. As dit betyds gediagnoseer word, kan depressie in die bejaarde effektief en vinnig behandel word.
Geestelike gesondheidspesialiste en familielede moet ‘n bejaarde familielid of pasiënt versigtig dophou vir enige waarskuwingstekens wat depressie in ‘n bejaarde familielid of pasiënt kan aandui.
Vir meer inligting, besoek gerus die Suid-Afrikaanse Depressie en Angs Groep by (011) 262 6396 of 0800 20 50 26, hulle is 7 dae per week uit 08:00 oop – 08:00 of besoek hul webwerf by www.sadag.co.za.