Ons het almal al deurgeloop onder mense wat die kollig wil steel. Sosiale media soos Facebook is maar een van die plekke waar die spesie graag uithang.
Lees gerus in dié week se Vrouekeur meer oor aandagvrate en hoe om hulle te hanteer. Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind of jy ‘n aandagvraat is:
- Wil jy altyd die middelpunt van belangstelling wees?
- Voel jy jaloers op ander se sukses?
- Word jy kwaad as jy nie deurentyd die fokuspunt van aandag is nie?
- Is jy gedurig in jou gedagtes besig met jouself?
- Sukkel jy om empatie met ander te hê?
- Voel jy afgehaal as iemand anders die kollig steel?
- Draai alles om jouself?
- Wil jy onbeperkte aandag hê?
- Sal jy roekeloos en gevaarlik optree om aandag te trek?
- Manipuleer jy gesprekke en situasies met die doel om die fokus op jouself te plaas?
- Span jy sjarme in met die doel om aandag te trek?
- Is jou selfbeeld afhanklik van aandag?
Indien jou antwoord op bogenoemde vrae meestal “ja” is, is jy moontlik ‘n aandagvraat. Moenie moed verloor nie. Daar is hoop vir jou. Om jou probleem te herken en te erken, is die eerste stap na ‘n oplossing. Terapie kan wondere verrig. Gryp die geleentheid aan en doen iets aan jou probleem!