Hier is ’n vraelys wat glo iets van jou onderbewuste verklap …
Kry gou ’n pen en papier en skryf jou antwoorde neer voor jy na die verklarings kyk.
- Verbeel jou dat jy oor die see uitkyk. Wat sien jy en hoe laat dit jou voel?
- Verbeel jou dat jy in ‘n woud rondloop. Jy kyk af na die grond. Wat sien jy en hoe ervaar jy dit?
- Jy sien seemeeue wat oor jou kop vlieg. Wat voel jy?
- Jy kyk na perde wat hardloop. Wat voel jy?
- Jy is in ‘n woestyn en sien ‘n muur voor jou. Jy kan nie die einde van die muur sien nie. Daar is ‘n klein gaatjie in die muur en daardeur sien jy ‘n oase. Wat voel jy en wat gaan jy doen?
- Jy is steeds in die woestyn en vind skielik ‘n groot beker met water in die woestyn. Wat doen jy nou en hoe laat dit jou voel?
- Jy verdwaal in die donkerte in die woud en vind ‘n huis met ligte aan. Wat gaan jy doen?
- Jy kan niks sien in digte mistigheid nie. Wat gaan jy nou doen en watter gevoelens ervaar jy?
Hier is wat jou antwoorde aandui:
- 1 Dit is hoe jy jou eie emosies, behoeftes en lewe sien.
- Dit is hoe jy oor jou familie voel.
- Dit is hoe jy vroue sien.
- Dit is hoe jy mans sien.
- Dis die manier hoe jy probleme oplos.
- Dit is hoe jy jou geliefde (seksuele maat) kies.
- Dit is jou gewilligheid om met ‘n gesin te begin.
- Dit is hoe jy die dood sien.
LEES OOK: Wat sê jou geboortemaand van jou?
BRON: www.learning-mind.com