‘n Mens hoor konstant dat dit belangrik is om jou brein te oefen. Hier’s agt wenke
1 Die vere maak die voël
‘n Aantal studies het al getoon dat klere ‘n groot impak op ‘n mens se gemoed het. As jy formeler klere aan het, moedig dit jou glo aan om konseptueel te dink.
2 Stap elke dag
As ‘n mens stap en nuwe omgewings verken, is jou brein in ‘n neuroplastiese staat – reg om nuwe inligting te absorbeer en dit stel sekere middels vry wat as kunsmis vir die brein dien. Gereelde oefening kan selfs jou risiko om demensie te kry, verlaag.
3 Moenie alles google nie
Maak die internet ons dom en is dit nou net te maklik om inligting te kry? Hoe makliker dit is om inligting te kry, hoe moeiliker gaan dit iewers vassteek. Dink aan interessante onderwerpe, kry boeke daaroor en lees dit.
4 Leer ‘n nuwe taal aan
As jy jou brein wil skerp hou, moet jy dit uitdaag. ‘n Sweedse studie toon dat die brein in die hippokampus en serebrale korteks groei as jy ‘n nuwe taal aanleer.
5 Eet olywe en neute
Die Mediterreense dieet is ongelooflik gesond en omdat olywe en neute hoog in vitamien E is, is dit baie voordelig vir jou brein.
6 Doen joga
Joga doen nie net baie vir jou lyf nie, maar dit doen glo wondere vir jou geheue.
7 Slaap
Daar is al baie oor die voordele van slaap geskryf en jou slaappatroon kan beslis jou brein beïnvloed. As jy sleg slaap, vind uit waarom en doen iets daaraan.
8 Moenie als tegelyk probeer doen nie
As jy jou aandag verdeel, kry jy minder gedoen, want jou brein kan nie fokus nie.
BRON: Key Retirement