Trauma is deel van Suid-Afrikaners se daaglikse lewe. Mense word gekonfronteer met erge misdaad wat moord en verkragting insluit. Ervaar jy trauma? Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind:
Ook die media berig daagliks oor misdaad. Dit lei daartoe dat Suid-Afrikaners ongelooflike hoë vlakke van stres ervaar. Ervaar jy trauma? Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind:
- Sukkel jy om te slaap?
- Is daar iets in jou lewe wat vir jou uiters stresvol is om te hanteer?
- Voel dit vir jou asof jy nie in beheer van jou lewe is nie?
- Was jy ʼn slagoffer van misdaad?
- Word jy blootgestel aan geweld of mishandeling?
- Sukkel jy om deur jou daaglikse program te kom?
- Ervaar jy angs en vrees?
- Is jou angs en vrees buite beheer?
- Kry jy nagmerries?
- Ly jy aan depressie?
- Sukkel jy om die trauma van die verlede agter jou te sit?
- Voel jy oorweldig deur ʼn negatiewe situasie?
Indien jou antwoorde op bg. vrae meestal “ja” is, is jy waarskynlik vasgevang in trauma. Dit is moontlik om dit te oorkom, sterker te word en te groei. Lees gerus die artikel oor posttraumatiese groei in die week se uitgawe van Vrouekeur (5 Oktober 2018). Indien nodig, kry professionele hulp. Daar is altyd lig in ʼn donker tonnel!