Gewig is ʼn sensitiewe kwessie. Talle mense worstel met gewigsprobleme. Een van die hoofoorsake is emosionele kwessies wat lei tot ooreet.
Baie mense is emosionele eters wat toegee aan hulle frustrasies deur hulle aan kos te vergryp. Is jy ʼn emosionele eter? Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind:
- Vergryp jy jouself dikwels weens stresvolle periodes aan kos?
- Vind jy gedurig verskonings om nie te oefen nie?
- Vind jy dit moeilik om jouself toe te wy aan ʼn doelwit?
- Doen jy slegs dinge as daar die moontlikheid is van ʼn beloning?
- Het jy volgehoue gevoelens van onvergenoegdheid?
- Raak jy maklik ontmoedig deur struikelblokke?
- Voel jy asof jy beheer verloor?
- Bly jy moeilik gemotiveerd as dinge moeilik raak?
- Fokus jy op dit wat sleg is in jou lewe?
- Bekommer jy jou gedurig?
- Is jy afhanklik van ander mense se goedkeuring?
- Voel jy waardeloos?
- Ervaar jy ʼn verlies aan belangstelling in die lewe en jou stokperdjies?
Indien jou antwoorde op bogenoemde vrae meesal “ja” is, eet jy moontlik weens emosionele redes. Raak bewus van die invloed van jou emosies op jou eetpatrone. Spreek dit aan en kry kundige hulp as jy sukkel. Neem beheer, jy hoef nie ʼn slagoffer te wees nie.