Dis amper weer die begin van ’n nuwe maand. Hier is tien dinge wat ‘n mens aan die begin van elke maand kan doen om meer georganiseerd te wees
1. Maak jou handsak en beursie skoon
‘n Mens se handsak is gou vol kleingeld en kwitansies. As ‘n mens jou handsak en beursie elke begin van die maand skoonmaak, skep jy ‘n gesonde nuwe roetine deur van onnodige goed ontslae te raak. Jou gemoed en sak sal sommer ligter wees.
2. Stel vir jouself ‘n doelwit
Neem tyd om oor die maand wat verby is, te dink. Het jy bereik wat jy wou? Is jy op koers na ‘n langtermyndoelwit? Bring struktuur na jou doelwitte deur dit neer te skryf.
3. Organiseer jou foonfoto’s
‘n Mens kan baie vinnig baie foto’s op jou foon hê. Gaan elke maand deur jou foon se foto’s, verwyder dié wat jy nie wil hê nie en laai die res na jou rekenaar of foon se bergplek soos Google Drive of iCloud op.
4. Maak afsprake met vriende en familie
In vandag se gejaagde lewe is dit nodig om afsprake te skeduleer. Gebruik die begin van die maand om geliefdes te kontak en afsprake vas te maak.
5. Skeduleer afsprake
Hersien jou kalender aan die begin van die maand en werk uit wat jy wanneer moet doen en wie jy moet sien. Skeduleer afsprake soos tandarts, hare en dies meer.
6. Koop verjaardaggeskenke
Aan die begin van die elke maand kan jy ‘n lys maak van belangrike datums wat jy moet onthou soos verjaardae en al die kaartjies en geskenke op een slag koop. Dit sal jou maand baie gladder laat verloop.
7. Stel jou begroting op
Dis nou die tyd wat jy moet uitwerk hoeveel jy op wat moet betaal en wat jy kan spaar.
8. Maak die yskas skoon
Gebruik so tien minute om dit uit te gooi wat verval het en kry só ‘n goeie idee van wat nodig is. Beplan ook sommer dan maaltye.
9. Kies ‘n boek om te lees
Probeer om minstens een boek aan die begin van die maand uit te kies of as jy nie lees nie, maak tyd vir iets anders wat jy geniet. Daar is dalk ‘n fliek of TV-reeks wat jy graag wil kyk.
BRON: thosepositivethoughts.com