Fake it until you make it, sê die Engelse mos. Dus, as jy jou nou nie juis oorborrel van selfvertroue nie, kan jy wel probeer om so te lyk
Deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Jy gaan vir ‘n onderhoud of ‘n saketransaksie en jy wil lyk asof jy weet wat jy doen en iemand is waarop ander mense kan peiltrek. Jy’s egter die skamerige tipe en vreemdes maak jou ongemaklik. Lyftaalkenners sê dis juis in sulke omstandighede wat jy aan jou lyftaal moet werk en só meer selfversekerd te lyk.
1. Staan regop
Hou jou rug reguit, trek jou skouers terug en hou jou kop omhoog. Dit lyk dan asof jy in beheer van jou lewe is.
2. Kyk mense in die oë
Of jy nou met die straat afstap of in ‘n groep staan, kyk reguit voor jou en mense in die oë.
LEES OOK: Bou jy of breek jy?
3. Hou jou hande uit jou sakke
As jou hande sigbaar is, wys dit jy het selfvertroue en kan enigiets hanteer.
4. Hou jou palms na bo
As ‘n mens handgebare maak met jou palms wat na bo wys, lyk jy glo asof jy selfvertroue het. Dit skep die indruk van eerlikheid.
5. Moenie vroetel nie
As jy vroetel, lyk jy senuweeagtig. Hou jou hande stil.
6. Behou oogkontak
Dit is een van die beste maniere as jy eerlik, vriendelik en in beheer wil voorkom.
LEES OOK: Is jou werksplek toksies?
7 Kyk hoe jy staan
As jou voete te naby aanmekaar is, kan jy die indruk gee dat jy onseker is. Staan met jou voete in lyn met jou skouers.
8. Glimlag
‘n Opregte glimlag kommunikeer dat jy vriendelik en selfversekerd is.
9. Ontwikkel ’n ferm handdruk
‘n Ferm handdruk gee onmiddellik ‘n boodskap van selfversekerdheid.
10. Vat groot treë
‘n Stadiger, doelgerigte manier van stap laat jou selfversekerd voorkom.
BRON: www.seffsaid.com