‘Dit is my skuld, maar dis eintlik omdat …” Is jy geneig om verskonings te maak vir als wat jy doen? Jy kan dit verander
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
“My lewe is ‘n gemors omdat my eks …”; “Ek kan nooit sukses bereik nie, want my baas …”; “Ek maak foute in die huwelik, ja, maar dis omdat my vrou …”
Ons almal maak soms verskonings vir ons dade, want vir elke aksie is daar ‘n immers ‘n gevolg, maar dit kan ‘n gewoonte raak; ‘n negatiewe siklus, waar jy nooit verantwoordelikheid vir jou dade neem nie. Hier is ‘n paar wenke om die siklus te verbreek.
- Hou op om jouself met ander mense te vergelyk.
- Moenie die onbekende vrees nie.
- Hou op om ander mense vir jou ongeluk te blameer.
- Neem verantwoordelikheid vir jou eie lewe.
- Doen, moenie net praat nie.
- Stel vir jouself klein, bereikbare doelwitte.
- Leer uit jou foute. Kyk wat jy kan doen en verander om nie weer dieselfde foute te maak nie.
- Moenie op die slegte in jou lewe fokus nie. Wat is positief? Wat is goed?
- Onthou, jy kan jou lewe verander.
- Visualiseer jou sukses.
- Onthou dis oukei om nie perfek te wees nie.
- Werk vir dit wat jy soek.
- Besef as jy gewoonlik verskonings vir als maak, dit ‘n gewoonte is wat jy wel kan verander.
BRON: www.developgoodhabits.com