As jy in ‘n gelukkige verhouding is, het dit groot voordele, sê navorsers
Deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Ons word gereeld aangeraai deur gesondheidskenners om beter te eet, minder te stres en meer te oefen as ons gesond oud wil word.
Ons almal weet ons moet, maar nou sê ‘n Harvard-studie daar is nog iets wat jou langlewendheid en welstand kan verbeter.
Dit is betekenisvolle verhoudings.
Sterk verhoudings kan baie vir jou gesondheid beteken, aldus dr
Robert Waldinger, ‘n psigiater aan die Massachusetts Algemene Hospitaal.
Hy is die direkteur van die bekende “Harvard Study of Adult Development” wat al merkwaardige bevindings gemaak het.
Volgens hul bevindings wil dit voorkom asof eensaamheid toksies vir jou gesondheid kan wees en as jy sterk verhoudings met jou geliefde, familie, vriende en gemeenskap het, sal jy gelukkiger en gesonder wees as dié wat daarsonder leef.
Dr Waldinger sê hul studies toon dat verhoudings waar daar baie konflik voorkom baie swak vir jou gesondheid kan wees.
BRON: http://www.health.harvard.edu