’n Verhouding by die werk kan problematies wees, maar hoe voel werkgewers hieroor?
“Ek is onlangs deur ’n vriend oor my beleid oor kantoorromanses gevra,” sê Richard Branson, stigter van die Virgin-groep maatskappye. “Sy seun werk by ’n maatskappy wat romanse tussen werknemers verbied. Dié jong man sukkel om sy verhouding met ’n kollega geheim te hou. Hulle handhaaf ’n afstand by die werk, maar is bang iemand sien hulle ná werk iewers saam.
LEES OOK: Het affairs regsgevolge?
“Mense bring deesdae meer tyd as voorheen by die werksplek deur en kantoorromanses is noodwendig. Ek het met mense by progressiewe maatskappye gepraat en hulle raad, gekombineer met ons ervaring by Virgin, gebruik om riglyne ten opsigte van kantoorromanses saam te stel. Dié riglyne kan gebruik word om komplikasies te voorkom sonder om die liefde te onderdmyn.
“Eerstens: As enkellopende werknemers weet hulle is welkom om kantoorromanses aan te knoop, is dit makliker vir hulle om respek vir maatskappybeleid in die algemeen te hê. Maatskappy-riglyne ten opsigte van kantoorromanse moenie mense aanmoedig om hulle verhoudings geheim te probeer hou nie.
“Tweedens: ’n Kantoorromanse kan problematies wees wanneer een van die partye onder die ander se gesag staan. Die bestuurder van die betrokke afdeling moet reël dat die gesagstruktuur gewysig word.
“Volgende: Dit is nie goed as die twee partye nou saamwerk nie. ’n Bietjie fisieke afstand, en ’n verplasing, is dalk ’n goeie idee. Indien die liefdesduifies wel in dieselfde afdeling bly werk, is diskresie die sleutelwoord: Hulle verliefheid moenie te opsigtelik wees nie.
LEES OOK: 6 wenke om jou verhouding te beskerm
“Laastens: Die paartjie mag nie korporatiewe epos-sisteme gebruik om om private boodskappe te stuur nie. So ’n boodskap kan per ongeluk na die verkeerde adres gestuur word!
“Dit is raadsaam om te aanvaar dat kantoorromanses onafwendbaar is en sinvolle riglyne daarvoor te hê. Werkemers wat op mekaar verlief raak, is deel van die avontuur en moet gevier word!”
*Skuilname