Ag, nie nog ’n selfhelpartikel nie, dink jy? Wel, as jy voel asof jy net jou lyf dag vir dag voortsleep moet jy hierdie lees. Kry nuwe woema met 15 wenke
Saamgestel deur Zerelda Esterhuizen
- Begin die dag vars en fris met ‘n glas water.
- Daaglikse oefening het te veel voordele om in een sin op te noem, maar raak aan die beweeg. Dis goed vir jou lyf en gemoed.
- Slaap genoeg.
- Beplan elke dag goed. Maak daagliks ‘n lysie van drie dinge wat jy gedoen moet kry.
- Gebruik jou dag produktief en vat gereelde blaaskanse om jou brein flink te hou. Volg die 50/10-reël. Werk vir 50 minute en rus vir 10 minute.
- As jy in die aand in die bed lê, dink na oor wat jy als die dag gedoen het en wat jy anders sou wou doen.
- Leer konstant nuwe dinge en daag jou brein uit.
- Dink na oor dinge waarvoor jy dankbaar is. Probeer om elke dag minstens drie dinge in jou dagboek te skryf waaroor jy dankbaar is.
- Kyk of jou omgewing jou gelukkig maak. Maak jou lessenaar netjies, plak vir jou ‘n mooi prentjie of foto op en raak van klotter ontslae wat jou onvergenoegd laat voel.
- Bederf jouself gereeld met die dinge wat jou gelukkig maak. Gaan drink ‘n glas wyn saam met ‘n vriendin, stap ‘n ent met die hond, of lees ‘n boek. Doen iets net vir jou.
- As jy voel asof jou lewe in ‘n groef vasgeval het. Probeer iets nuuts. Soek ‘n stokperdjie of leer ‘n nuwe vaardigheid aan of probeer nuwe vriende maak.
- Praat oor die dinge wat jou pla. Moenie negatiewe gevoelens opkrop nie.
- Elkeen van ons het ‘n kreatiewe kant, maar jy moet joune ontdek en ontgin as jy nog nie het nie. Soek iets kreatiefs om nou en dan te doen, al kleur jy net in. Dis goed vir die gemoed.
- Wees goed vir ander mense, want dit kikker jou eie bui ook op. Bestee tyd saam met jou geliefdes en maak tyd vir ware gesels.
- Raak stil. Dis nodig om soms net niks te doen en tyd vir jou eie gedagtes te maak. Jy kan die tyd gebruik vir meditasie, aandagtigheid, of om stiltetyd te hou.