Indien jy wonder wat hierdie LSD is – dit is liefde, sekuriteit en dissipline!
Kindgrootmaak is nie kinderspeletjies nie. Dit vereis wysheid en tonne geduld. Daar is egter ‘n bestanddeel wat noodsaaklik is om van die resep van ouerskap ‘n sukses te maak: LSD – liefde, sekuriteit en dissipline. Kom jou kind liefde, sekuriteit en dissipline kort? Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind:
- Is daar ʼn gebrek aan roetine in jul huis?
- Sukkel jy om jou kinders te dissiplineer?
- Is daar ‘n gebrek aan struktuur in jul huis?
- Sukkel jou kind om reëls en regulasies te gehoorsaam?
- Sukkel jou kind om gesag te aanvaar?
- Sukkel jy om duidelike grense vir jou kind te stel?
- Is jou kind uitdagend en rebels?
- Pas jy lyfstraf toe?
- Is jou kind dikwels ongehoorsaam?
- Versuim jy om liefde aan jou kind te betoon?
- Is jou kind verward oor wat reg en verkeerd is?
- Kom jou kind lewensvaardighede kort?
- Is jy dominerend en probeer jy jou kind oormatig beheer?
- Is daar ‘n totale gebrek aan reëls en regulasies in jul huis?
- Daag jou kind dikwels gesag uit?
- Is jy onbetrokke by jou kind se lewe?
- Is jou kind angstig en vreesbevange?
- Is jou kind oorafhanklik van jou?
- Toon jou kind aggressie of boelie-gedrag?
- Sukkel jou kind om in die lewe daarbuite aan te pas?
Indien jou antwoord op bogenoemde vrae meestal “ja” is, sukkel jou kind waarskynlik en kom hy of sy LSD kort. Wees eerlik met jouself. Dink hoe jy kan verbeter. As jy onseker is oor hoe om die situasie te hanteer, raadpleeg gerus ‘n terapeut of ‘n lewensafrigter. Tree nou op, voor dit te laat is. Jy het nog kans om dinge reg te stel