Met ongelooflik ratse vingertjies, kan kinders hul weg op ’n tablet vind, maar daar is sekere dinge wat hulle moet weet
Daar was ‘n tyd toe ouers hul kinders teen ander gevare gewaarsku het. Dit was byvoorbeeld nie nodig om hul kinders oor internetveiligheid in te lig nie, maar volgens ‘n verslag deur die Kinderkommissaris van Engeland is hierdie tyd vir goed verby.
In vandag se tyd is daaglikse internettoegang ‘n realiteit – ook vir ons kinders.
Om net aan ‘n skerm te vat, word kinders na webwerwe geneem en dis nou baie maklik vir klein kinders, veral tussen vier en vyf, om aanlyn te loer.
Daar is talle gevare vir kinders aanlyn, soos onbekende mense op die internet wat met kinders praat deur hul data op byvoorbeeld kuberspeletjies te kry. Verder is daar ʼn magdom inhoud wat nie vir hulle geskik is nie.
Volgens ‘n studie wat met jong kinders gedoen is, het 73% van hulle gesê hulle sal iemand vertel waar hulle bly en 70% het gesê hulle sal sê hoe oud hulle is. 89% van kinders het aangedui dat hulle op ‘n pop-up (wat ‘n groot risiko is) sal klik sonder om te weet wat dit is.
Wat jy vir jou ‘n klein tegnologiese verbruiker kan leer
- Verduidelik dat die internet deur klomp mense inligting skep en versamel en dat ‘n mens nie op enige webwerf moet gaan nie.
- Verduidelik wat ‘n “pop-up” is en dat jou kind dit vir julle moet wys en nie net op enigiets moet klik nie.
- Leer jou kind om nooit enige persoonlike inligting aanlyn te deel nie.
- Leer jou kind dat daar altyd ‘n volwassene in die omgewing moet wees as hy of sy ‘n toestel gebruik.
- Keur toeps en inhoud eers goed voor jou kind daarop mag speel.
Bron: https://theconversation.com