Dis beslis nie maklik om ’n ouer te wees nie. Jy’s versorger, dokter, onderwyser – als in een. Hier is ’n paar wenke
Deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Kinders is vir 12 jaar in die skool, voor dit is dit gewoonlik kleuterskool en dikwels volg daar nog nagraadse studies ook.
Dis ‘n lewe van leer.
Watter rol speel ouers in die opvoedingsproses en hoe belangrik is hul insette?
Cindy Glass is die direkteur en medestigter van die Step Up-onderrigsentrums.
“Kinders word as leergierige wesens gebore. Hul huis is hul eerste leerplek en ouers is dus hul eerste en belangrikste onderwysers.
Ouers moet besef dat kinders oral leer – by die huis, op die sportveld en binne gesin-, kultuur- en godsdiensstrukture. Daarom is dit so belangrik dat ouers betrokke moet wees.”
Cindy gee ‘n paar wenke:
- Wees ‘n voorbeeld van positiewe, produktiewe leer en positiewe gedragskeuses. Jou kinders gaan meer doen wat jy doen as dit wat jy sê. Probeer om positiewe oplossings te kry wat sal verseker dat jou kinders geliefd voel.
- Toon belangstelling in wat by die skool gebeur – elke dag. Vrae vrae en wees gewillig om te luister. Vind uit hoe die dag gegaan het. Wat was die beste en slegste gedeelte van die dag?
- Wees opgewonde oor enige positiewe nuus – of dit nou akademies of sosiaal is. Erken vooruitgang.
- Leer jou kind wat deursettingsvermoë, ‘n goeie werksetiek, verantwoordelikheid en motivering te wees deur alles jouself te wys. Uitdagings en frustrasies is deel van die lewe, maar hoe jy daarop reageer maak saak.
- Onthou foute is natuurlik en deel van die lewe. Leer jou kinders dat hulle hul foute moet erken en dit as leergeleenthede sien.
- Bou ‘n positiewe werksverhouding met jou kinders se onderwysers. Woon vergaderings en aktiwiteite by waar moontlik en wees oop vir voorstelle. Verleen ondersteuning waar nodig.
- Kyk na die werk wat jou kinders huis toe bring.
Nog wenke
- Wees positief oor jou kinders se skoolvordering. As jou kind sukkel, leer hom byvoorbeeld dat hy dit net nog nie kan doen nie, maar dit weldra sal baasraak.
- Maak seker dat jou kind genoeg rus kry. ‘n Te vol program is nie goed vir jou of jou kind nie en kinders moet ‘n goeie nagrus kry om leer vas te lê.
- Lees saam. Lees is ongelooflik belangrik vir kinders en maak ‘n groot verskil aan hul akademiese vordering. Lees saam met lui lesertjies en vertel stories om hul nuuskierigheid te prikkel.
- Leer self! As jou kind sien dat jy dit geniet om nuwe dinge te leer, sal hy ook besef dat leer lekker kan wees.
- Leer jou kind dat aksies gevolge het. Kinders moet leer dat hulle verantwoordelikheid moet neem en as hulle nie leer nie, sal hulle nie goed in toetse doen nie wat verdere gevolge het.
Besoek www.stepuped.co.za
Bykomende bron: www.independent.co.uk