Jy raak so kwaad dat dit voel asof jy kan ontplof en kort voor lank skree jy so hard dat die bure verskrik opkyk. Ons kyk na die moets en moenies van woede
Deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Sielkundige Arina Lanser sê woede is ‘n normale, menslike reaksie.
“Volgens my is dit goed en terapeuties om woede, wat die simptoom van iets anders is, uit te laat. Dit moet egter op die regte manier gedoen word nadat die regte emosie geïdentifiseer is. Die persoon wat woede opkrop, kan allerlei probleme ervaar.”
Wat is die regte en verkeerde manier? Ons kyk hier na die moets en moenies.
MOETS
- Sê presies hoe jy voel as jy in ʼn argument betrokke is.
- Erken jou woede en keer dat dit buite beheer raak.
- As jy voel of jy wil ontplof, verlaat die situasie vir 20 min om te kalmeer.
- As woede konstant ʼn probleem in jou lewe is, kry gesonde uitlaatkleppe vir jou opgeboude aggressie. Jy kan dalk skryf of oefen.
- Probeer om aan jou woede te werk en gesels met die persoon wat jy te na gekom het.
MOENIES
- Moenie ander blameer vir dit wat jy voel nie.
- Moenie jou gevoelens opkrop nie.
- As jy tyd vir jouself nodig het, moenie net uitstorm nie, sê jy wil afkoel en sal weer die gesprek later hervat.
- Moenie vloek of fisiek raak nie.
- Moenie ná die tyd net jammer sê nie – probeer om jou gedrag te verander.
Bron: www.counselingRecovery.com