Die huwelik word dikwels as ‘n sprokie geïdealiseer. Dit bied egter talle uitdagings. Beantwoord die onderstaande vrae om uit te vind of jy in ‘n ongelukkige huwelik vasgevang is.
Susan Eksteen, ‘n kliniese Imago-verhoudingsterapeut en pastorale terapeut, gee die volgende riglyne:
- Moet jy jou menswees soos jou drome en oortuigings prysgee?
- Moet jy jou waardestelsel soos jou morele, etiese en leefstylwaardes inboet? Moet jy dit prysgee om in die verhouding te kan oorleef?
- Word jy van jou familie en vriende geïsoleer?
- Neem die seerkry en sielepyn al jou gedagtes en geestesenergie in beslag?
- Het julle geen respek meer vir mekaar nie?
- Is daar misbruik en moontlike verslawing aan alkohol of dwelms, dobbel of pornografie wat ontken word en ook nie aangespreek of behandel word nie?
- Word jy afgekraak en gekritiseer, privaat en voor ander, dat jy niks reg kan doen nie? Jy is altyd die sondebok en jou maat onskuldig?
- Gee jou maat geen aandag aan jou behoeftes en dit wat vir jou belangrik is en ook aan jou groei as mens nie?
- Was daar al een of meer as een emosionele of seksuele verhoudings met ‘n derde party wat jul verhouding negatief beïnvloed het?
- Is daar, ten spyte van verhoudingsberading, geen aangetrokkenheid, niks wat jul saam deel en geniet en ook nie ‘n opflikkering is jul sekslewe nie?
As jou antwoord op bogenoemde vrae meestal “ja” is, is dit tyd vir professionele hulp.
Susan Eksteen: www.marriagemax.co.za