Boerdery is een van die hoekstene van die ekonomie. Dis die kosmandjie van die samelewing. Tog is dit dikwels ‘n dobbelspel. Droogte is vir die meeste boere ‘n nagmerrie. Is jy ‘n boer en op moedverloor se vlakte? Oppas, dit kan tot selfdood lei. Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind:
- Gaan jou plaas onder erge droogte gebuk?
- Voel jy moedeloos en wanhopig?
- Is daar ‘n kans dat jy alles kan verloor?
- Krop jy jou emosies op?
- Het jy niemand met wie jy kan praat nie?
- Raak jy depressief?
- Sien jy net donker?
- Oorweeg jy dit om ‘n einde aan alles te maak?
- Sukkel jy om jou pyn en wanhoop te verwoord?
- Voel jy asof jy onder die druk gaan knak?
- Voel dit vir jou asof jy midde-in ‘n nagmerrie is?
- Sien jy geen uitkoms nie?
- Voel jy alleen en verlate in jou depressie?
- Dink jy aan maniere om alles te beëindig?
As jou antwoorde op die vrae meestal “ja” is, oorweeg dit ernstig om professionele hulp te kry. Begin om oop te maak en te praat. Skakel die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angs-steungroep se selfdoodhulplyn tolvry by 0800 567 567.