Oorweeg jy dit om nog kinders te hê, maar weet jy nie of dit die regte besluit is nie?
Lees gerus in dié week se Vrouekeur meer oor gesinsbeplanning en wat dit behels om groot gesinne te hê. Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind of jy gereed is vir ‘n groot gesin:
- Staan jy finansieel sterk?
- Is die kinders wat jy tans het, gesond?
- Is jy fisiek gesond?
- Is jy geestesgesond en emosioneel stabiel?
- Weet jy wat dit van jou sal vereis om nog kinders te hê?
- Is jy gereed vir onverwagse krisisse, hetsy finansieel of algemeen?
- Is jou verhouding met jou huweliksmaat gesond en sterk?
- Is jou verhouding met jou ander kinders gesond en positief?
- Het jy ‘n sterk ondersteuningstelsel?
- Is jul gesinslewe gesond en gelukkig en vry van wanfunksionaliteit?
- Het jy die voordele en nadele daarvan om jou gesin te vergroot behoorlik oorweeg?
- Dink jy dat jy fisiek en emosioneel gereed is om nog kinders te hê?
s jou antwoord op bogenoemde vrae meestal “ja” is, kan jy dit beslis oorweeg om nog kinders te hê. Maak seker jy weet wat dit behels. Kinders is ‘n groot verantwoordelikheid en nie almal is gemaak vir groot gesinne nie.