Elke verhouding het grense nodig, maar is joune gesond? Toets jul verhouding aan die volgende punte
- Jy kan vir jou maat nee sê sonder om skuldig te voel.
- Jy kan sê wat jy wil in die verhouding en jou behoeftes mooi uitdruk.
- Jy weet wat is goed vir jou en jou gesondheid en kan na jouself omsien.
- Jy sê ja omdat jy wil en nie omdat jy moet nie.
- Jy het jou eie waardes en leef jou beginsels uit.
- Jy voel veilig om konflikpunte aan te raak en moeilike emosies te verbaliseer.
- Jou maat ondersteun jou om jou doelwitte na te streef.
- Jy word as ‘n gelyke in die verhouding behandel.
- Jy neem verantwoordelikheid vir jou eie geluk en hoef nie verantwoordelikheid vir jou maat se geluk te neem nie.
- Jy weet wie jy is, wat jy glo en wat jy in die lewe wil bereik.
- Dis vir jou gemaklik en lekker om in jou maat se geselskap te wees.
BRON: www.sharonmartincounseling.com