Elke vrou moet hiervan weet en dit iewers neerskryf. Kyk die lys wat ons op Pinterest opgespoor het …
- Foute maak van jou mens.
- Ander mense se menings is nie ‘n feit nie.
- Jy het waarde.
- Jy het niemand anders se goedkeuring nodig nie.
- Jy is nie ‘n mislukking nie.
- Staan op vir jouself – jy het regte.
- Jy is genoeg.
- Almal hoef nie van jou te hou nie.
- Jy is meer as net iemand se versorger, jy is jou eie mens.
- Dis oukei om soms te misluk.
- Vier vrouwees, want dis fantasties.
- As jy jou hele lewe na goedkeuring smag, mors jy jou lewe.
- Hou aan groei.
- Jy is nie vir ander mense se geluk verantwoordelik nie.
- Wees lief vir jouself.