Lewensvaardighede is essensieel om te oorleef in vandag se lewe. Kinders moet van jongs af toegerus word met essensiële lewensvaardighede, ten einde effektief te funksioneer.
Lees gerus meer in die week se Vrouekeur (16 Junie 2017) oor kinders en noodsaaklike lewensvaardighede. Beantwoord die onderstaande vrae om uit te vind of jou kind oor noodsaaklike lewensvaardighede beskik en gereed is vir die lewe:
LEES OOK: Kry jou kinders genoeg aandag?
- Het jou kind noodsaaklik ontwikkelingsmylpale bereik?
- Is jou kind in kontak met sy emosies?
- Kan jou kind onafhanklik funksioneer?
- Weet jou kind hoe om ʼn begroting op te stel?
- Is jou kind ingestel op spaar?
- Kan jou kind met geld werk?
- Weet jou kind hoe ʼn debietkaart en kredietkaart werk?
- Kan jou kind probleme onafhanklik oplos?
- Weet jou kind wat sy passie is?
- Is jou kind spiritueel toegerus vir die lewe?
- Kan jou kind verandering en risiko’s hanteer?
- Kan jou kind ʼn krisis onafhanklik hanteer?
- Beskik jou kind oor emosionele veerkragtigheid?
- Kan jou kind sy emosies bestuur?
- Het jou kind die vermoë om empatie te hê?
- Is jou kind verdraagsaam teenoor ander?
- Beskik jou kind oor sosiale vaardighede?
- Handhaaf jou kind goeie persoonlike higiëne?
- Weet jou kind hoe om gesond te eet?
- Het jou kind effektiewe studiemetodes bemeester?
LEES OOK: My kind doen niks in die huis nie!
As jou antwoord op bogenoemde vrae meestal “ja” is, is jou kind waarskynlik gereed vir die lewe. Indien nie, het hy waarskynlik ʼn probleem. Oorweeg dit om die hulp van ʼn opvoedkundige sielkundige of ʼn lewensafrigter in te roep. Nog iets wat kan help is ʼn kursus in lewensvaardighede by instansies wat voorsiening maak vir ʼn oorbruggingsjaar. Boeke oor emosionele intelligensie mag ook nuttig wees.