Die jaar was lank, oorleef die oorblywende werksweke só
Die jaar was lank, dikwels met voortgesette tegnologie wat ons grense tussen werk en huis vervaag, en voordurende druk om te presteer. Volgehoue werk sonder die kans vir rus, laat mense oorweldig en meer geneig tot uitbranding.
Volgens ‘n onlangse Gallup studie waaraan nagenoeg 7 500 voltydse werknemers deelgeneem het, blyk dit dat uitgebrande werknemers 63% meer geneig is om ‘n dag siekverlof te neem, 23% is meer geneig om Ongevalle te besoek, dat diesulkes 2.6 keer meer geneig is om hulle huidige werkgewer te verlaat, en 13% raporteer om minder selfversekerd in hulle werksverrigting te wees.
Stres en uitbranding
Studies deur Daniela Kaufer, mede professor aan die California Universiteit in Berkley het bevind dat kortstondige akute stres inderdaad positief is en dus optimale parraatheid, gedrags- en kognitiewe funksionering ondersteun.
Tog, om blootgestel te wees aan lang periodes van oormatige druk of uiterste stres gedurende ‘n kort periode kan aanleiding gee tot uitbrandingsimptome van onderprestasie, gevoelens van oorweldiging, hopeloosheid, verlies aan werksbetekenis, gevoelens van emosionele gedreineerdheid en ‘n onvermoë om uitdagings van die werk te hanteer.
“Uitbranding vind uiting in fisiese, emosionele en sielkundige uitputting en gaan dikwels gepaard met gevoelens van hulpeloosheid, selftwyfel, ongemotiveerdheid, verslaenheid en tamheid in alle areas van die individu se lewe. Daar is egter altyd ‘n manier om jou balans terug te vind, en om bemagtigend en positief oor die lewe te voel”, sê Natalie Rabson Welstand Berader by Boston City Campus & Business College. Sy deel die volgende 6 strategieë om stresveerkragtigheid te bou en om aan te hou tot die einde van die jaar.
1. Herskryf die manier hoe jy na jou werk kyk
Holocaust oorlewende, Vikto Frankl het gesê: Alles behalwe een ding kan van ‘n man weggeneem word: die laaste van menslike vryhede – om jou eie houding te kan kies in enige gegewe situasie; dus ‘n keuse om jou eie manier te kies. Soek iets wat jy in jou werk geniet hetsy dit kontak met ander is, hulp aan ‘n mede-kollega is, of om ‘n diens te lewer wat ‘n positiewe invloed op iemand se lewe het.
2. Herdefinieer jou verhouding tot werk
Om groot te word rondom familielede met ekstreme werkgewoontes kan veroorsaak dat jy onbehoorlike druk op jou eie werkprestasie plaas wat aanleiding kan gee tot voortdurende gedragspatrone om lang ure te werk sonder om ‘n ruskans te vat.
Neem jou gedragspatrone waar, soos om nie af te skakel as jy die kantoor verlaat nie en vervang dit met ‘n groter gevoel van selfaanvaarding, erkenning en selfvoeding deur jouself tyd te gun om te herlaai.
3. Selfsorg
Skep maniere om jouself fisies, emosioneel en geestelik te koester deur daaglikse oefening, meditering, die eet van voedende kosse soos vars vrugte en kosse ryk aan Omega-3 olies (sardientjies, salm, amandels), en om ten minste 7 uur slaap elke nag in te kry.
4. Stel grense
Leer om “nee” te sê vir versoeke wat inbreek maak op jou tyd sodat jy kan fokus op jou eie prioriteite. Plaas tyd opsy vir ontspanning en ontkoppelling van tegnologie, veral ‘n halfuur voordat jy gaan slaap sodat jy nie voortdurend gebombardeer word met informasie nie.
5. Wees selektief
Welbekende lewensafrigter, Jim Rohn sê dat ons die gemiddeld is van die 5 persone in ons lewe. “Hou dit in gedagte en omring jou met mense wat ondersteunend en ‘n positiewe uitkyk op die lewe het”, sê Natalie.
6. Kommunikeer
Om jou gedagtes en gevoelens te deel kan help om stres te verlig. Alhoewel afsondering aanloklik voorkom in stresvolle tye, is dit belangrik om met vriende, familie, jou mede werkers te skakel, of om by ‘n ondersteuningsgroep soos SADAG aan te sluit.
“ Herstel na uitbranding, of die vermyding daarvan, impliseer die behoud van jou energie. Neem kennis van jou werkspatrone en wees waaksaam om ruskanse te neem. Deur bewus te wees dat jy altyd hierdie keuse het, help jou om meer in beheer van jou lewe te wees. Dit stel jou in staat om veerkragtigheid en ‘n positiewe uitkyk op te bou wat jou lewenslustig sal hou totdat die vakansieseisoen aanbreek”, is Natalie se gevolgtrekking.