Ons almal kry daai dae. Jy voel negatief en als voel sommer verkeerd. Ons het ’n paar positiewe dinge opgespoor waarmee jy jou negatiewe gevoelens kan vervang
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
- Haal diep asem.
- Gaan stap.
- Doen iets kreatiefs, kleur in, skryf jou gedagtes neer, brei, hekel, teken …
- Lees ‘n boek of tydskrif.
- Speel met jou troeteldiere. Hulle is altyd ‘n doepa!
- Kook iets lekkers.
- Luister na musiek.
- Probeer om te mediteer of net stil te raak.
- Maak huis skoon (ja, regtig!)
- Gaan gim toe, doen joga of gaan draf.
- Bel iemand wat jy vertrou en gesels oor jou gevoelens.
- Nog beter, ontmoet ‘n vriend of vriendin vir koffie of ‘n glas wyn en gesels.
- Begin ‘n joernaal en skryf elke dag oor jou gevoelens.
- Begin ook om elke dag drie dinge neer te skryf waarvoor jy dankbaar is.
- Pluis jou probleem uit. Hoekom voel jy mismoedig? Is daar iets wat jy daaraan kan doen? Wat kan jy doen? Doen dit wat jy dadelik kan doen.
- Wat maak jou uniek en wat hou jy van jouself? Skryf dit neer.
- Herhaal positiewe slagspreuke aan jouself of lees motiverende aanhalings of boeke.
- Skryf jou negatiewe gevoelens neer, skeur dit op en gooi dit weg.
- Kyk na jou gunsteling-TV-reeks of snaakse Youtube-video’s. Enigiets wat jou sal laat glimlag of lag.
- As jy voel asof jy hulp nodig het, kontak ‘n professionele kenner soos ‘n sielkundige.
LEES OOK: Dít kan tot skei lei
Dis wat my help!
Cara Grobbelaar, Roodepoort
As ek negatief voel, gaan stap ek in ons kompleks, of ek gooi ‘n glas wyn en bel my beste vriendin en ons klets. As ek weer sien, voel ek beter!
Danielle du Plooy, Bloemfontein
My geloof is my redding op die dae wat ek negatief voel. Ek bid en speel vir my aanbiddingsmusiek in my motor.
Monica Botha, Johannesburg
As ek af voel, bel ek vriendinne of sommer my shrink! Ek glo ook daaraan om goed te wees vir myself dan en sorg dat ek goed eet en myself versorg. Ek het ook ‘n oulike toep ontdek, You. Dit het allerlei mikro-aksies wat ‘n mens kan doen om beter te voel en goed vir jouself te wees.
Nadia Beukes, Vanderbijlpark
Ek het dae wat ek geweldig negatief oor ons land voel. Wat ek dan doen, is om vir my ‘n lys op te stel oor dinge wat nog goed en lekker hier is. As ek klaar met die lys is, voel ek sommer beter.