In sy boek, Begin ’n lewe van sukses, beklemtoon Hennie de Villiers dat ’n mens eers die mislukkings in jou lewe moet “hanteer” voordat jy suksesvol kan leef.
Iemand wat voortdurend aan haar mislukkings dink, is soos ’n skip wat probeer seil sonder dat hy eers sy anker gelig het. Sulke negatiewe denke kan verslawend wees. Dit kan lei tot kwade gevoelens, verwyte en blamering. Dit kan jou depressief maak en aanleiding gee tot selfs meer mislukkings.
Dis belangrik om jouself te vergewe vir wat jy in die lewe verkeerd gedoen het. Vergewe ook mense wat dalk daarvoor verantwoordelik is dat jy misluk het.
LEES OOK: Daar is altyd hoop: Depressie
Om van jou mislukkings “ontslae te raak”, sal dit baie help om jou hart teenoor iemand uit te praat: Ons het ’n behoefte om ons gevoelens met ander te deel, maar dit help nie om met iemand te praat wat nie luister nie. So iemand sal onmiddelik begin om jou van hulle probleme te vertel.
Moenie die feit dat niemand met begrip na jou wil luister, gebruik as ’n verskoning om handdoek in te gooi en verbitterd te lewe nie. Indien nodig, kan jy met iemand gaan praat wat opgelei is om te luister, soos ’n voorligtingsielkundige of berader. Jy kan ook jou gevoelens volledig neerskryf. Deur te skryf gee jy uiting aan gevoelens soos seerkry, hartseer en verwyt. Skryf dit neer asof jy besig is om met iemand te praat. Skryf ook neer wat jy uit jou mislukking of mislukkings geleer het sodat jy dit nie herhaal