Deursettingsvermoë is die pad na sukses. Ouers het die belangrike taak om hulle kinders toe te rus met vaardighede om sukses te behaal.
Sukkel jou kind om deur te druk? Gooi jou kind te maklik tou op? Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind of jou kind te maklik die handdoek ingooi:
- Wil jou kind dadelik sy onmiddellike behoeftes bevredig hê?
- Deins jou kind terug vir mislukking?
- Sukkel jou kind om in homself te glo?
- Is jou kind negatief ingestel teenoor die lewe?
- Sukkel jou kind om in sy vermoëns te glo?
- Beskou jou kind mislukking as ʼn finale terugslag?
- Sien jou kind terugslae as ʼn katastrofe?
- Is jou kind nie bereid om herhaaldelike pogings tot sukses aan te wend nie?
- Het jou kind ʼn gebrek aan emosionele veerkragtigheid?
- Het jou kind ʼn onvermoë om sukses te visualiseer?
- Het jou kind ʼn gebrek aan vaardighede om onafhanklik te funksioneer?
- Gryp jy in om te help as jou kind sukkel ?
- Het jou kind ʼn gebrek aan doelgerigtheid?
- Het jou kind gebrekkige probleemoplossings-vaardighede?
- Is jou kind bang om nuwe dinge te probeer?
- Sukkel jou kind om verantwoordelikhede te hanteer?
- Het jou kind onrealistiese verwagtinge en doelwitte?
- Gryp jou kind na kitsoplossings vir probleme?
- Is jou kind bang om foute te maak?
- Fokus jou kind op beperkinge i.p.v. moontlikhede?
Indien jou antwoorde op bg. vrae meestal “ja” is, het jou kind moontlik ʼn gebrek aan deursettingsvermoë. Oorweeg dit om aanpassings in jou opvoedingstyl te maak. Kry professionele hulp as dit nodig is. Onthou die lewe gaan nie daaroor om te wag dat die storm verbygaan nie, maar om in die reën te leer dans. Jou kind het een kans. Die lewe is nie ʼn kleedrepetisie nie. Doen nou iets!