Die lewe is duur en jy wil meer lekker dinge saam met jou mense doen, maar as julle gaan fliek kos dit omtrent R500 net vir jul kaartjies. Hier is ’n paar goedkoop dinge wat julle saam kan doen
- Gaan stap ‘n entjie in jul buurt. Watter roete het julle nog nie gevolg nie?
- Laai die toep Geocaching af en gaan soek skatte saam met jou gesin.
- Gaan na ‘n park en skop bal of speel krieket of wat van een van die vlieërs wat hulle sommer langs die pad verkoop.
- Hou ‘n piekniek.
- Soek ‘n plek in jou omgewing waar julle nog nie was nie, reservate en botaniese tuine is heerlik om te besoek en kos nie ‘n plaas se prys nie.
- Kampeer in jul erf.
- Speel ‘n bordspeletjie .
- Hou ‘n fliekaand.
- Plant saadjies en maak saam tuin. Kleuters mag dit meer as tieners geniet!
- Maak saam kos, hou dalk ‘n internasionale aand en maak kos soos die Franse, Japannese of Italianers.
- Leer jou kinders om meer buitedinge te doen, soos om vuur te maak of ‘n paar oorlewingsvaardighede.
- Is daar enige museums of planetariums in jou omgewing? Die Johannesburgse planetarium het byvoorbeeld gesinskaartjies wat R140 vir vier mense kos. Laai ‘n toep af soos Skyview en kyk na konstellasies.
- Speel mini-gholf in jul eie erf deur jul eie hindernisse te bou.
- Hulle ‘n waterglybaan vir ‘n naweek en geniet die pret saam as gesin!
- Kyk watter restaurante bied “eet gratis”-dae vir kinders aan en gaan eet uit dan.
- Google teaters in jou omgewing en besoek ‘n vertoning. Verskeie kleiner teaters bied gesinsproduksies tydens vakansies aan.