Jy wil dinge vlotter in jul huishouding laat verloop en meer tyd saam met jou gesin deurbring. Hier is ’n paar doelwitte wat kan help
- Staan vroeër op om saam rustig te wees voor die dag begin.
- Probeer om betyds te wees vir afsprake, skool, aktiwiteite en dies meer.
- Probeer om meer in die buitelug te kom .
- Pak gesonde middagetes vir die gesin in.
- Probeer om as gesin aktiewer te leef, stap met die hond of gaan doen ‘n Parkrun Saterdagoggende.
- Word meer stil. Hou stiltetyd of mediteer.
- Eet aandete saam.
- Sit klere in die aand uit om oggende makliker te laat verloop.
- Sorg dat almal die gesin se reëls en regulasies verstaan.
- As jy jong kinders het, lees vir hulle saans ‘n storie.
- Hou ‘n speletjiesaand saam as gesin.
- Stel vir jou min of meer ‘n weeklikse spyskaart op sodat jy minder by die winkels hoef te stop. Werk vir jouself ‘n blaaskans in!
- Stel vir die kinders takielysies op.
- Stel ‘n maandelikse skedule op. ‘n Digitale kalender op almal se slimfone werk goed andersins sal ‘n groot witbord in die kombuis ook werk .
- Probeer een keer per aand as gesin saam ‘n nuwe resep. Dink aan iets soos ‘n Chinese of Mexikaanse aand.
- Maak jou kinders deel van begrotingsbeplanning vir die maand. Sit x-bedrag opsy vir gesinspret.
- As kinders hul kamers skoonmaak, maak hulle bewus van mense in nood. Skenk saam ou klere of speelgoed.
- Hou nou en dan ‘n tegnologievrye dag waar almal die slimfone en tablette moet bêre en mekaar se geselskap geniet.
- Ma’s moet onthou om hulself ook ‘n prioriteit te maak. Behandel jouself goed en bederf jouself nou en dan.
- Se nee vir die dinge wat julle tyd steel en fokus meer op wat julle as gesin gelukkig maak.