’n Videoredigeerder het ’n hoogs kreatiewe werk, skryf Lindi Herbst
Dit verg lang ure en harde werk om die programme wat ons elke aand op TV kyk, te skep. ’n Lang proses word gevolg vanaf die skiet van ’n program tot die eindproduk. Nadat die program geskiet is, moet die rou videomateriaal só geredigeer word dat dit uiteindelik ’n program van 30 minute of ’n uur word. Die hoofverantwoordelikhede van ’n videoredigeerder is om sulke videomateriaal in ’n afgeronde produk te omskep. Só iemand werk dikwels saam met vervaardigers om te verstaan watter soort eindproduk benodig word. Nathan Horne werk as ’n webwerfvideoinhoudvervaardiger, maar doen die werk van ’n videoredigeerder – al verskil is dat die video’s wat hy redigeer op die internet beskikbaar gestel word. Sy werk behels om video’s te redigeer en op M-Net se webwerwe te laai, insluitende hoogtepunte van programme wat uitgesaai is, sowel as die oorspronklike inhoud vir programme.
VOOR- EN NADELE Vir Nathan is die lekkerste deel van sy werk dat hy baie bekendes ontmoet. “Ek werk gewoonlik aan produksies soos Idols, Boer soek ’n vrou en Big Brother en het al die deelnemers ontmoet.” Hy sê hy leer daagliks iets nuuts. Dit bied hom ook die geleentheid om kreatief te wees en soms moet hy saam met ’n produksiespan reis om ekstra video’s te skiet. “Dis altyd lekker om te reis. Ek sien die land en besoek plekke wat ek nie normaalweg sou besoek het nie.” Die beste is: “Dis my werk om TV te kyk!” Tog is sy werk baie stresvol met streng spertye. “’n Mens moet ook somtyds baie in min tyd doen, dus is die druk erg,” sê hy. “’n Mens moet ook baie versigtig werk, want as jy ’n fout maak, sien baie mense dit. In my geval is dit al M-Net en ’n paar ander kanale se kykers!” Hoewel Nathan ’n gewone werksdag het, moet hy soms oortyd werk. “Ek weet nooit hoeveel werk ek in ’n dag gaan hê nie en sekere goed moet binne ’n voorgeskrewe tyd klaar wees,” sê hy.
INKOMSTE Iemand wat dieselfde beroep as Nathan wil volg, kan verwag om tussen R15 000 en R30 000 per maand te verdien. Daar is ook kans om kontrakwerk te doen, wat ’n goeie ekstra inkomste verseker. “Kontrakwerk is egter baie wisselvallig – daar is nie elke maand ’n projek om te doen nie,” sê Nathan.
OPLEIDING Nathan het BA Inligtingkunde by die Universiteit van Johannesburg studeer. Hy sê hy het vir sy werk video- en internetvaardighede nodig en beveel ’n graad in videoproduksie aan. Die Kaap Peninsula Universiteit van Tegnologie bied ’n driejaardiploma in filmen videotegnologie aan wat ongeveer R16 500 vir die eerste jaar kos, afhangende van watter vakke jy kies. Die Universiteit van Kaapstad bied ook ’n graad in film- en TV-studies aan. City Varsity bied ’n soortgelyke tweejaarkur-
VOOR- EN NADELE Vir Nathan is die lekkerste deel van sy werk dat hy baie bekendes ontmoet. “Ek werk gewoonlik aan produksies soos Idols, Boer soek ’n vrou en Big Brother en het al die deelnemers ontmoet.” Hy sê hy leer daagliks iets nuuts. Dit bied hom ook die geleentheid om kreatief te wees en soms moet hy saam met ’n produksiespan reis om ekstra video’s te skiet. “Dis altyd lekker om te reis. Ek sien die land en besoek plekke wat ek nie normaalweg sou besoek het nie.” Die beste is: “Dis my werk om TV te kyk!” Tog is sy werk baie stresvol met streng spertye. “’n Mens moet ook somtyds baie in min tyd doen, dus is die druk erg,” sê hy. “’n Mens moet ook baie versigtig werk, want as jy ’n fout maak, sien baie mense dit. In my geval is dit al M-Net en ’n paar ander kanale se kykers!” Hoewel Nathan ’n gewone werksdag het, moet hy soms oortyd werk. “Ek weet nooit hoeveel werk ek in ’n dag gaan hê nie en sekere goed moet binne ’n voorgeskrewe tyd klaar wees,” sê hy.
INKOMSTE Iemand wat dieselfde beroep as Nathan wil volg, kan verwag om tussen R15 000 en R30 000 per maand te verdien. Daar is ook kans om kontrakwerk te doen, wat ’n goeie ekstra inkomste verseker. “Kontrakwerk is egter baie wisselvallig – daar is nie elke maand ’n projek om te doen nie,” sê Nathan. sus aan en het ook korter kursusse. Daar’s ook ’n nasionale sertifikaat in filmen TV-produksie wat twee jaar duur. Die Universiteit van Johannesburg bied ’n BA in Oudiovisuele kommunikasie aan, wat drie jaar duur, met die opsie om jou honneurs- en meestersgraad te doen. Daar is ook ’n meer algemene driejaarprogram in multimedia waarna jy ’n nasionale sertifikaat sal ontvang. Nog ’n uitstekende opsie is die AFDAfilmskool, waar jy alles oor die video- en rolprentbedryf sal kan leer. Die lengte van hul kursusse wissel.
RAAD As jy klaar studeer het en nie onmiddellik as ’n videoredigeerder werk kry nie, probeer om intussen deeltydse werk in ’n ander deel van die bedryf te kry. Bou vir jouself ’n portfolio op as jy besluit om vryskut- of kontrakwerk te doen. Daar is baie geleenthede om te groei omdat daar soveel verskillende rigtings is waarin jy kan werk. Werk hard en doen soveel as moontlik ondervinding op. As jy genoeg ondervinding het, behoort jy nie ’n probleem te hê om werk te kry nie. Besoek: Nasionale TV-en-Videovereniging van Suid-Afrika (www.ntva.org.za); Kaap Peninsula Universiteit van Tegnologie (www. cput.ac.za); City Varsity (www.cityvarsity. co.za); www.icesa.co.za; Universiteit van Johannesburg (www.uj.ac.za); AFDAfilmskool (www.afda.co.za); Universiteit van Kaapstad (www.uct.ac.za) Vk