Die behoefte aan pleegouers in Suid-Afrika is enorm, maar om ’n vreemde kind in jou huis te neem en te versorg is nie altyd maklik nie. Shanda Luyt het gaan uitvind wat dit behels
“Mense moet weet, om ’n pleeg ouer te wees is nie maanskyn en rosegeur nie. Almal vertel vir jou jy is ’n wonderlike mens om dit te doen, maar om ’n ander mens se kind groot te maak is nie maklik nie. Daar is baie struikelblokke, baie hartseer, baie verwerping om deur te werk. As pleegouer moet jy regtig bereid wees om sover moontlik vir hierdie kinders te gee wat hulle nodig het. Liefde is hul grootste behoefte, want verwerping is ’n groot kwessie in hul lewe.” Tarien du Toit* weet waarvan sy praat. Sy en haar man, Manus, het twee dogtertjies in pleegsorg asook ’n dogtertjie van hul eie. Tarien vertel sy het al situasies beleef wat sy nie geweet het hoe om dit verder te hanteer nie. “In ’n stadium het dinge redelik handuit geruk. Die oudste is ’n kompulsie we leuenaar en steel, terwyl die jongste met de pres sie sukkel en al wou selfmoord pleeg. ’n Mens weet nie hoe om dit te han teer nie. Ek het dus die maatskaplike werker genader vir sielkundige behandeling vir die kinders. “Dis moeilik omdat hulle redelik groot was toe hulle by my gekom het. Ek dink dit sou makliker gewees het met ’n baba, want dan kan jy die kind van kleins af jou waar des leer, terwyl ’n ouer kind na jou toe kom met klaar gevestigde waardes en ge woontes.” Tarien sê as sy weer moes kies, sou sy dit definitief weer gedoen het. “Ek glo die Here het die kinders oor ons pad gestuur. Dis wonderlik om nog kinders in my huis te hê en vir hulle daardie liefde te gee wat hulle nie andersins sou gehad het nie. Die beloning is die kinders se liefde en dankbaar heid.” Tania Combrink, die besturende direkteur van Timios Homes wat die keuring van en plasing by pleegouers doen, is self ’n gesoute pleegma. Sy beklemtoon dat pleegsorg ’n roeping is en nie ligtelik aangepak moet word nie. “Pleegsorg is harde werk en toewyding waarvoor daar baie min dankie gesê word. Die groei, herstel en genesing in ’n pleegkind se lewe is egter die beloning.” Christa van Deventer, maatskaplike wer ker by die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie, sê as kinders volgens die kinderwet sorg be hoe wend is en in substituutsorg geplaas moet word, word pleegsorgplasing altyd eerste oorweeg, eerstens by geskikte familie, of andersins by vrywillige weldoeners in ’n neutrale plasing. Sy beklemtoon dat pleegsorg slegs ’n ty de like plasing is. Dit word gewoonlik vir twee jaar gedoen, maar die hof kan dit ver leng. “Omdat terugplasing altyd ’n realiteit bly, moet kontak tussen ouer en kind aan gemoe dig en ondersteun word sodat die ouerkind- verhouding in stand gehou word.”