Biokinetika is nie algemeen bekend nie, maar as jy al ooit die hulp van ’n biokinetikus gekry het, sal jy die waarde daarvan besef, skryf Lindi Herbst
“Biokinetika beteken ‘lewe deur beweging’ en dis ook presies wat ons in dié beroep doen,” vertel Henriëtte Loock, ’n geregistreerde biokinetikus. “Biokinetika verbeter ’n mens se lewensgehalte en fisieke gesondheid deur die toepassing van wetenskaplike geformuleerde oefenprogramme. Nadat jy ’n konsultasie met ’n biokinetikus gehad het en jou mediese geskiedenis nagegaan is, word ’n oefenprogram uitgewerk wat spesifiek op jou behoeftes en besering gerig is.”
INKOMSTE Volgens Henriëtte kan ’n biokinetikus enigiets van R6 000 tot R40 000 per maand verdien, maar die inkomste van iemand wat ’n graad behaal het, hang af van die veld waarin hy werk. “Iemand wat ’n akademiese pos beklee, verdien byvoorbeeld meer as iemand wat privaat praktiseer of wat in ’n hospitaal of kliniek werk,” sê sy. Henriëtte sê ’n biokinetikus se inkomste hang ook van ’n paar ander faktore af: _ In watter deel van die land jy praktiseer. In groter stede is fooie per konsultasie meer as in kleiner dorpe. _ Wat jou voorkeur is, byvoorbeeld ortopedies, kardiaal, sport of gesondheidsbevordering. “Party van hierdie afdelings in biokinetika is gewilder onder pasiënte as ander,” meen sy. “Daar mag dalk ook ’n groter behoefte aan die een as die ander wees. As jy byvoorbeeld die biokinetikus van ’n bekende sportspan is, sal jy ui teraard meer verdien as wat jy ’n biokinetikus is wat pre- of post-operatiewe rehabilitasie doen.” _ As jy addisionele kursusse gedoen het om jou kwalifikasie te ondersteun, byvoorbeeld ’n kursus in waterrehabilitasie of noodhulp.
VOOR- EN NADELE Henriëtte hou daarvan dat haar beroep aan haar ’n goeie mediese agtergrond verskaf. “Dit is ook ’n beroep wat ’n wonderlike kombinasie tussen medies en sport is,” meen sy. Biokinetika bied werksgeleenthede in verskeie velde, insluitende as ’n konsultant by fiksheids- en gesondheidsentrums, ’n mediese verteenwoordiger of as ’n private biokinetikus. “Soos wat tegnologie vorder, groei die waarde van die beroep ook,” meen sy. Dit is ook baie bevredigend omdat jy ’n positiewe impak op pasiënte se lewe het. Henriëtte sê een van die nadele is die lang ure. “Ek sluit my praktyk vyfuur soggens oop en doen ’n paar sessies. Baie mense kom sien my voordat hulle werk toe gaan. Ek het ’n gimnasium by my praktyk waar enigiemand kan kom oefen en dan het ek ook konsultasies deur die dag. Ek sluit my praktyk 19:00 saans.” ’n Mens kry ook nie altyd erkenning nie en party mense beskou dit as ’n minder waardevolle beroep. Sy verduidelik: “Party mense verwar biokinetika met fisio- of arbeidsterapie en dikwels voel mense in hierdie beroepe dat biokinetika in direkte kompetisie met hul beroepe staan. Tog speel elk van hierdie beroepe ’n belangrike en waardevolle rol in die mediese wêreld.”
OPLEIDING Henriëtte het haar graad aan die Noordwes-Universiteit behaal. “Ek het drie jaar menslike bewegingskunde studeer en daarna my honneurs- en meestersgraad in biokinetika voltooi.” Sy is nou met haar doktorsgraad besig. Al die universiteite in Suid-Afrika bied ’n graad in biokinetika aan. Só ’n graad be hels ’n voorgraadse kursus van drie jaar (in menslike bewegingskunde). Dan eers doen jy ’n honneursgraad in biokinetika, sowel as ’n internskap van twee jaar voordat jy as biokinetikus mag praktiseer. Jy kan daarna by BASA (Biokinetiese Vereniging van Suid-Afrika) en die HPCSA (Raad op Gesondheidsberoepe) registreer.
RAAD _ Kies ’n goed gevestigde tersiêre instelling wat ’n biokinetika-instituut op kampus het. Sodoende kan jy teoretiese onderrig ontvang, wat jy dan prakties kan toepas. _ Gee altyd jou beste vir jou pasiënt. _ Bly op hoogte van nuus, tegnologie,
OPLEIDING Henriëtte het haar graad aan die Noordwes-Universiteit behaal. “Ek het drie jaar menslike bewegingskunde studeer en daarna my honneurs- en meestersgraad in biokinetika voltooi.” Sy is nou met haar doktorsgraad besig. Al die universiteite in Suid-Afrika bied ’n graad in biokinetika aan. Só ’n graad be-
VOOR- EN NADELE Henriëtte hou daarvan dat haar beroep aan haar ’n goeie mediese agtergrond verskaf. “Dit is ook ’n beroep wat ’n wonderlike kombinasie tussen medies en sport is,” meen sy. Biokinetika bied werksgeleenthede in verskeie velde, insluitende as ’n konsultant by fiksheids- en gesondheidsentrums, ’n mediese verteenwoordiger of as ’n private biokinetikus. “Soos wat tegnologie vorder, groei die waarde van die beroep ook,” meen sy. Dit is ook baie bevredigend omdat jy ’n positiewe impak op pasiënte se lewe het. Henriëtte sê een van die nadele is die lang ure. “Ek sluit my praktyk vyfuur soggens oop en doen ’n paar sessies. Baie mense kom sien my voordat hulle werk toe gaan. Ek het ’n gimnasium by my praktyk waar enigiemand kan kom oefen en dan het ek ook konsultasies deur die dag. Ek sluit my praktyk 19:00 saans.” ’n Mens kry ook nie altyd erkenning nie en party mense beskou dit as ’n minder waardevolle beroep. Sy verduidelik: “Party mense verwar biokinetika met fisio- of arbeidsterapie en dikwels voel mense in hierdie beroepe dat biokinetika in direkte kompetisie met hul beroepe staan. Tog speel elk van hierdie beroepe ’n belangrike en waardevolle rol in die mediese wêreld.” hels ’n voorgraadse kursus van drie jaar (in menslike bewegingskunde). Dan eers doen jy ’n honneursgraad in biokinetika, sowel as ’n internskap van twee jaar voordat jy as biokinetikus mag praktiseer. Jy kan daarna by BASA (Biokinetiese Vereniging van Suid-Afrika) en die HPCSA (Raad op Gesondheidsberoepe) registreer. tegnieke en metodes in jou veld. Vk
Vir meer inligting besoek www.biokinetics. org.za. Kontak Henriëtte Loock by [email protected]. Kontak die universiteit van jou keuse vir meer inligting