“Ek het al voorheen geleer wat skuld inhou, hoe weerloos dit mense maak …” Elizabeth Warren se woorde is slegs ʼn druppel in die emmer van oorweldigende situasies waarin vroue hulself kan bevind.
Alledaagse ma’s, susters, oumas, en beroepsvroue word soms in ʼn hoek gedruk deur hulpelose situasies en kan selfs angswekkende stories oor hul skuld vertel. Die werklikheid is dat geldelike probleme met gewone vroue kan gebeur. Die vraag wat ʼn mens moet vra is: “Hoekom ʼn vrou soms in ʼn swak kredietrekord vasgevang kan word?”
Zeeva lys ʼn paar finansiële probleme waarmee vroue moontlik kan worstel:
ʼn Enkelma se las
ʼn Enkelma het verskeie redes om in onbeheerbare skuld vasgevang te word:
- Haar man is oorlede en sy sit met slegte skuld as gevolg van geen nagelate testament nie.
- Sy is geskei en sukkel om haar yslike prokureursrekeninge te betaal en/of ontvang geen finansiële ondersteuning van haar kinders se pa nie.
- ʼn Enkelma se inkomste kan nie tred hou met inflasie wat toeneem nie, soos kruideniersware wat duurder word by die dag. Kyk ʼn bietjie na Ou Mutual se Spaar- en Beleggingsmonitor se interessante statistieke (2012). Dit dui 51% van enkelma’s wat toe al gesukkel het om kop bo water te hou.
- Sy dien as slagoffer van die ‘versuim om te begin’ sindroom – ʼn ma kan vasgevang word deur die finansiële eise wat deur haar afhanklike jong volwasse kinders gestel word en sy sukkel om haar eie onafhanklikheid te handhaaf.
- Ander onvoorsiene rekeninge hoop op, soos motoronderhoudkostes, addisionele kostes vir die kinders se ekstra klasse, skooltoere en dies meer – dít wat ʼn enkelma se skuld in ʼn oogwink kan laat ophoop.
Stel geliefdes eerste
Vroue is geneig om die ekstra myl vir familie en vriende te loop wat tot oortollige skuld kan lei:
- Volgens Ou Mutual se Spaar- en Beleggingsmonitor probeer 95% van ma’s om die beste geleenthede vir hul kinders te bied. Hierdie geleenthede sluit sekere finansiële kostes in, byvoorbeeld ekstra buitemuurse aktiwiteite.
- Vroue kan deel uitmaak van die ‘toebroodjiegenerasie’ – ʼn generasie van mense (gewoonlik in hul 30’s of 40’s) wat omsien na hul bejaarde ouers sowel as hul eie kinders. Dit is ʼn hedendaagse werklikheid waarin sommige vroue vasgevang kan word en dit het ʼn massiewe invloed op hul finansiële stabiliteit.
- Vroue neem soms ʼn groot risiko en gaan lenings aan vir geliefdes. Goeie bedoelings lei ongelukkig nie altyd tot die beste resultate nie.
Aankope-gedrag: ♥ vir mooi dinge
- Volgens DebtSafe se 2015-analise oor spaargeld en bestedingsgewoontes, gebruik 63% vroue nie ʼn inkopielys korrek nie. Selfs al het 37% van hierdie vroue ʼn inkopielys, hou hulle nie by hul lys nie en koop ook addisionele artikels aan.
- ʼn Opname in vroulike ekonomiese gedrag en die emosie-regulerende rol van besteding (gedoen deur prof Karen J Pine aan die Universiteit van Hertfordshire) het bevind dat byna 80% van vroue hoofsaaklik geld spandeer om ‘hulself op te beur’. Hierdie impulsiewe gedrag kan vroue in groot skuld dompel.
Kennis oor finansiële produkte
- Sommige vroue wil nie belas word met kwessies soos begrotings, testamente nie. Hulle voel dat finansies ʼn man se verantwoordelikheid is.
- Rakende ‘tradisionele rolle’ wat aangeneem word, kan daar ʼn kommunikasie-gaping oor finansies ontstaan, byvoorbeeld voor ʼn troue vind daar geen vooraf besprekings plaas oor die aard van die huwelikskontrak nie (binne gemeenskap van goedere en dies meer).
- Het jy al ooit gehoor van die stelling: vroue is te naïef? Vroue is geneig om gesien te word as maklike teikens vir verkoopsagente in verskeie ondernemings, soos versekering, bankwese en die motorbedryf. Zeeva benadruk egter dat die bogenoemde stelling nie met alle vroue veralgemeen moet word nie.
- Vroue kan moontlik in ʼn twyfelagtige beleggingstrik val deur nie die kontrak-inligting behoorlik deur te lees of die drukskrif onderaan ten volle in ag te neem nie.
Werkloosheid
Die lewe kan snaakse draaie met ʼn mens loop en as gevolg van die huidige onstabiele ekonomiese toestand van Suid-Afrika (en die wêreld), gebeur dit soms dat vroue hul inkomste verloor deur middel van salarisse wat gesny word en in die ergste geval, wanneer hulle onverwags afgedank word. Die kwartaallikse arbeidsmag opname van 2016, dui aan dat vroue se werkloosheidsyfer in Suid-Afrika 4% meer is as die werkloosheidsyfer (eerste kwartaalstatistieke) vir mans.
Hoewel baie vroue hulself in die bogenoemde omstandighede moontlik kan bevind, is hulle steeds in staat om beheer van hul situasie te neem en dit om te keer.
BRON: Zeeva is ʼn suksesvolle skuldhersieningsprogram wat spesifiek vir vroue ontwerp is en die span kan gekontak word op 0861 444 483; e-pos: [email protected] of SMS “Jou Naam & ZEEVA” na 30967 (gratis SMS).