Ekonomiese tye is taai en daarom is dit deesdae niks nuut om geliefdes, wat in ʼn ernstige geldnood is, uit te help nie.
Maar vir sommige is dit ʼn moeilike en ongemaklike onderwerp. Zeeva deel daarom ʼn paar handige wenke wanneer jy dit oorweeg om geld vir ʼn naasbestaande of vriend/vriendin te leen:
- Vertrou jou instink. As jy weet die persoon het reeds ʼn groot skuldrekord, dan weet jy dat dit ʼn slegte idee is om vir die persoon geld te leen. Óf as jy reeds geld voorheen aan iemand geleen het en hulle het altyd verskonings met die terugbetaling daarvan, hoekom wil jy jouself in só ʼn situasie plaas?
- Neem eerder besluite met jou kop en nie met jou hart nie. Wanneer dit kom by jou eie geld, sien dit as besigheid en nie as iets persoonlik nie.
- Bestuur verwagtinge van die begin af en kry alles op skrif. Verwagtinge kan verskil van persoon tot persoon, maar probeer vooraf uitklaar wat verwag word. Soos die leningstermyn en die rentekoers byvoorbeeld. ʼn Volledige finansiële kontrak kan ook onnodige konfrontasie en argumente in die toekoms vermy.
- Moet nooit borg teken vir enige iemand nie. Jy kan dit beleefd van die hand wys.
- Leen slegs wat jy kan bekostig. Jy kan nie iemand help as jy jouself in ernstige skuld dompel net omdat dit ʼn mooi handeling/gebaar is nie.
- Oorweeg die impak wat dit kan hê. Indien dit ʼn familielid is byvoorbeeld, wat van ander familielede wat daarvan te hore kom en ook begin vra vir geld? Dink maar aan die gevolge en moenie toelaat dat jou geliefdes misbruik maak van jou vrygewigheid nie.
As jy wel in die posisie is om geld te leen aan jou geliefdes, is dit inderdaad ʼn voorreg, maar dit behoort nie ʼn las vir jou te wees nie. Neem die bogenoemde wenke van Zeeva in ag en beskerm jouself wanneer dit kom by jou eie sak en geld. Een laaste wenk om mee af te sluit – as die geld wat ʼn geliefde wil leen slegs ʼn paar honderd rand is wat jy kan bekostig, gee dit eerder aan hom/haar. Laat dit daar en skryf dit af. Om rusie te veroorsaak oor ʼn klein bedrag geld, is nie die moeite werd om die mense vir wie jy lief is, te verloor nie. As jy tans self baie skuld het en in geen posisie is om jou familie of vriende finansieel uit te help nie, waarom nie die Zeeva span kontak om jou te help met jou skuldlas nie. Zeeva is ʼn skuldbestuurprogram wat spesiaal vir dames, deur dames ontwerp is.
Kontak Zeeva:
Tel: 0861 444 483
E-pos: [email protected]
of SMS “Jou Naam & ZEEVA” na 30967 (gratis)
Webblad: http://www.zeeva.co.za/
Facebook: https://www.facebook.com/YourZeeva/