Hoe begin jy jou werksdag? Ons het wenke vir ’n produktiewe begin gesoek
- Sit die vorige aand al jou klere reg sodat jou oggend makliker begin.
- Moenie die dag begin deur e-posse na te gaan nie. Jy begin die dag dan reaktief in plaas van pro-aktief, volgens ‘n Business Insider-artikel.
- Beplan. Skryf al jou take vir die dag neer en besluit wat die dringendste take is.
- Kry ‘n plan. As jy byvoorbeeld skryf dat jy verkoopsoproepe moet maak, skryf alles neer wat jy nodig het (soos lyse name, navorsing oor maatskappy) en kry dit voor jy begin.
- Prioritiseer jou lys. Doen die ding wat die meeste moeite verg en fokus daarop terwyl jy nog vars voel.