Soek jy idees vir dinge wat jy en jou geliefde kan doen? Ons het ’n oulike emmerlys vir paartjies opgespoor
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
- Begin ‘n tradisie saam.
- Beplan ‘n reis iewers heen.
- Doen ‘n staptoer.
- Beoefen ‘n stokperdjie saam.
- Eet iets eet wat julle nog nooit probeer het nie.
- Doen iets uit buite jul gemaksone – iets avontuurlustig dalk?
- Doen ‘n Parkrun of fietswedren.
- Lees dieselfde boek.
- Maak ‘n ystervarkiekoek
- Maak ‘n tydkapsule.
- Hou ‘n tegnologievrye dag.
- Doen ‘n road trip iewers heen.
- Wees ‘n vrywilliger vir ‘n dag.
- Neem ‘n troeteldier aan.
- Plant ‘n boom.
- Gaan vir ‘n spadag.
- Hou ‘n speletjiesaand.
- Hou ‘n fliekmarathon.
- Woon ‘n konsert of teateruitvoering by van iemand wat julle nog altyd wou sien.
- Doen elkeen iets waarvan die ander een hou, maar jy gewoonlik voor “nee” sê. Soos om ballet te gaan kyk omdat jou geliefde wil of ‘n gholftoernooi by te woon omdat gholf haar passie is …
- Probeer iets wat julle nog altyd wou, maar nog nooit by uitgekom het nie.
Klik hier vir die oorspronklike artikel