Hoe ouer ons word, hoe belangriker word dit om onsself uit te daag en so ook ons brein ’n hupstoot te gee. Ons het ’n paar wenke opgespoor
1. Ondersoek nuwe dinge
Probeer nuwe aktiwiteite en verkry nuwe inligting. Leer om ‘n instrument te bespeel, of doen ‘n kunsklas, besoek ‘n museum, kyk ‘n dokumentere reeks op Netflix, leer ‘n nuwe vak of taal.
2. Daag jouself uit
Sodra jy iets nuuts baasgeraak het, beweeg aan na die volgende ding. Moenie net dit doen wat vir jou lekker en maklik is nie. Kognitiewe groei gebeur juis as jou brein uitgedaag word.
3. Dink kreatief
Soek anderste oplossings vir probleme. Die ou geykte “dink uit die boks” werk steeds soos ‘n bom. Moenie jouself beperk nie.
4. Moenie die pad van die minste weerstand kies nie
Nes jou liggaam kort jou brein ook oefening. Span jou geheue in en moenie altyd als dadelik google nie. Probeer eers iets self spel voor jy “auto correct” gebruik. Maak die somme in jou kop voor jy jou foon gebruik.
5. Leer nuwe mense ken
‘n Groef is nie goed vir jou gees of jou brein nie. Doen moeite om te netwerk en nuwe mense te onmoet.