Word jy en jou slimfoon ooit van bed en tafel geskei? Hierdie detoks kan help
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Sit jy in ‘n restaurant, sien jy mense met hul selfone – hulle gesels nie. Slimfone het ongelukkig ons lewens oorgeneem en van ons marionette gemaak. Hier is weekplan om daai katoeter se houvas op jou te verbreek. Staan sterk!
MAANDAG
Vandag is die dag wat jy mense kan “unfollow” wat jy nie regtig wil volg nie. Teken af van al daai nuusbriewe wat regtig niks inligting bevat nie (bly egter op Vrouekeur se nuusbrief, dis regtig goed!) en verwyder die toeps wat jy nie gebruik nie.
DINSDAG
Skakel irriterende “push notifications” af.
WOENSDAG
esluit om ‘n plek elders in die huis te kry om jou foon te laai. Dit sal help dat jy ‘n uur voor slapenstyd foonloos kan wees en blykbaar gaan dit nog goed vir jou welstand ook wees, want daar word baie bewerings oor selfoonstraling gemaak.
DONDERDAG
Wat doen jy heel eerste in die oggend? Moenie op jou foon loer nie!
VRYDAG
Gaan jy vanaand uit? Los die foon by die huis. Of as jy bang is daar is ‘n krisis, vat die foon saam, maar moenie dit uithaal nie.
SATERDAG
Probeer om vandag nie op sosiale media te gaan nie.
SONDAG
Sit jou foon op “silent” en ignoreer dit vir die hele dag.