Aandagtigheid is een van daardie neigings wat die wêreld oorgevat het, maar of dit nou ’n gonswoord is of nie, ons weet al dat aandagtigheid tot voordeel van jou menswees is
Deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Haal diep asem
Maak jou oë toe en haal vir drie tellings diep asem, hou dit vir drie tellings en laat dit uit vir drie tellings.
Onthou van die natuur
Gaan ‘n bietjie buitentoe en voel die sonlig op jou vel en die wind in jou hare.
Hou jou lessenaar netjies
Te veel klotter maak jou kop ook deurmekaar. ‘n Mens voel sommer produktiewer as als om jou netjies is.
Ignoreer
Tegnologie kan jou fokus vinnig verskuif. Skakel kennisgewings van sosiale netwerke af en fokus op werk wanneer jy moet. Moenie elke vyf minute op jou selfoon kyk nie.
Eet gesond
Moenie jou kos afjaag nie. Eet rustig en geniet elke happie.
Leer om te fokus
Konsentreer op een taak op ‘n slag en skryf als in ‘n dagboek.
Vat dit rustig
Dis nie nodig om als teen ‘n dolle spoed af te jaag nie. Dit lei net tot foute en hoër stresvlakke.
Vat blaaskanse
Werk ‘n paar oomblikke van niksdoen in jou dag in sodat jy net kan nadink oor als wat jy gedoen het en nog gedoen moet kry.
LEES OOK: ’n Sewedagplan om goed vir jouself te wees!
Laat emosies gaan
As daar sekere hinderlike emosies opduik, erken dit, hanteer dit en laat dit gaan.
Stop
Sit vir ‘n oomblik en doen net niks. Konsentreer op jouself en jou omgewing.
Wees bewus van jou sintuie
Ervaar regtig wat jy sien, hoor, voel, ruik en proe.
Wees dankbaar
Skryf elke dag drie dinge neer waarvoor jy op daardie oomblik dankbaar is.
Soek vir iets moois
Kyk na jou kollegas en let op na een mooi ding van elkeen van hulle.
Luister na musiek
Probeer tussen die verskillende instrumente onderskei of luister werklik na die lirieke.
Let op na hoe jy sit
Kyk na jou postuur en hoe dit ongemak kan veroorsaak. Staan gereeld op en sit reg voor die lessenaar.
BRON: www.purethoughts.co.uk, www.rachelkable.com