Wat van ’n 30-dae-uitdaging om jou liefdesverhouding van voor af te laat vlam vat? Ons het hierdie ene opgespoor
Saamgestel deur Zerelda Esterhuizen
Dag 1
Vertel jou maat van drie dinge van hom of haar waarvan jy hou.
Dag 2
Eet saam ontbyt.
Dag 3
Vat vir jou geliefde koffie in die bed.
Dag 4
Wat van ‘n nota in sy of haar kosblik, handsak of beursie?
Dag 5
Stuur ‘n WhatsApp of SMS en sê hoe lief jy vir jou maat is.
Dag 6
Kyk ‘n fliek saam.
Dag 7
Geniet ‘n niksdoendag saam en gesels.
Dag 8
Gee jou geliefde ‘n kompliment.
Dag 9
Gesels met jou maat en doen moeite om oor sy of haar dag uit te vra.
Dag 10
Onthou hoe julle ontmoet het en praat oor daardie tyd.
Dag 11
Gaan eet saam.
Dag 12
Doen ‘n huistakie wat jou geliefde gewoonlik doen.
Dag 13
Hou hande vas – selfs al kyk julle net saam TV.
Dag 14
Gooi ‘n glas wyn of iets anders in en gesels oor jul dag.
Dag 15
Kook of koop kos waaroor jou maat mal is.
Dag 16
Al kan julle nie nou nie, begin beplan aan ‘n naweekwegbreek, vakansie of reis. Net die beplanning alleen kan heerlik wees.
Dag 17
Gee jou maat ‘n massering.
Dag 18
Doen iets wat jou geliefde sal verras.
Dag 19
Gee jou maat twee redes waarom jy vir hom of haar lief is.
Dag 20
Gesels oor jul toekomsplanne. Watse drome het julle?
Dag 21
Wat van ontbyt in die bed?
Dag 22
Sê vir jou geliefde om verlof in te sit en doen vir ‘n slag iets lekkers saam vir die dag.
Dag 23
Eet op ‘n ander plek as gewoonlik, soos buite as die weer lekker is. Doen iets anders as die gewone.
Dag 24
Verlei jou geliefde op ‘n nuwe manier …
Dag 25
Gee ‘n klein blykie van waardering.
Dag 26
Begin ‘n emmerlys. Koop ‘n klein boekie en skryf dit neer wat julle graag wil doen.
Dag 27
Help jou geliefde met een van haar of sy take.
Dag 28
Gee vir jou geliefde ‘n rukkie alleentyd – vat die kinders iewers heen. Natuurlik moet dit ook vice versa wees …
Dag 29
Doen iets prettigs saam met jul kinders of ‘n ander paartjie.
Dag 30
Koop ‘n bottel vonkelwyn en klink glasies om die nuwe oemf in jul verhouding te vier.
BRON: Aangepas uit: www.parallelwellness.ca